Page 5 - Covid Inligtingsgids 24 Junie 2020
P. 5

-4-


        6.     Gesigmaskers/Gesigskerm:
               Ons versoek ook voorts dat u, u kind sal voorsien van 'n gesigmasker/gesigskerm 8
               (verpligtend vir almal) wat gedurende die skooldag gedra moet word.  Enkele maskers sal
               ook by die skool by Marilize by die Finansiële kantoor te koop wees @ R40 elk. (Behoeftige
               leerders kan by die kantoor een gratis kom kry).

               Die Wêreldgesondheidsorganisasie het 'n sekere standaard gestel waaraan 'n masker moet
               voldoen om as veilig en effektief gekenmerk te word.  Die skool sal ook moet kan bepaal dat
               maskers wat die leerders dra aan bogenoemde standaarde voldoen.  Maskers moet waterdig
               wees en word nou as amptelike skooldrag gesien.

        7.     Ontsmettingsmiddels:
               Die skool sal by elke hek, klas, badkamers asook by ontvangs (adminkantoor)
               handontsmettingsmiddel beskikbaar hê vir ons leerders en personeel.

               Dit is ook goed as u kind sy/haar persoonlike handontsmettingsmiddel kan saambring.

        8.     Sosiale afstand:
               Sosiale afstand (1.5m) sal deur almal gehandhaaf moet word en fisiese kontak of aanraking
               (handdruk of drukkies) sal nie toegelaat word nie.

        9.     Personeel:
               Alle personeel sal ook daagliks gemonitor word voordat die skool begin (dus meet van
               temperatuur, die dra van 'n gesigmasker of 'n veiligheidskerm en basiese higiëne sal
               deurlopend toegepas word om enige virusverspreiding of virusinfeksie te probeer verhoed).

               Spesifieke opleiding is aan alle personeel en leerders oor die skool se higiëniese program
               gegee word.  (Dit het op 25 Mei 2020 geskied en vir leerders vanaf 29 & 30 Junie).

        10.    Geboue en terrein:
               Die skool sal gereeld ontsmet word, met die klem op hoërisiko-oppervlakke soos klaskamers,
               traprelings, deurhandvatsels, badkamers en deurkosyne.  Daar sal 'n daaglikse
               skoonmaakprogram met spesifieke chemikalieë wees en spesifieke prosesse sal gevolg
               word.

               Die kleedkamers van die seuns en dogters asook die van die personeel sal ook gereeld
               deur die dag  ontsmet word.

        11.    Buitemuurse aktiwiteite:
               Neem kennis dat vir die huidige geen buitemuurse program gevolg mag word nie (soos
               deur die Nasionale Minister aangedui).  By PHS word leerders en onderwysers se veiligheid
               en gesondheid eerste gestel.

        12.    Strategie van die skool met die uitbreek van COVID-19 in die skool:
               -      Daar sal onmiddellik kommunikasie tussen die skool en die ouerhuis wees.
               -      Die betrokke partye sal dadelik getoets moet word.
               -      Die betrokke partye sal vir 14 dae in selfkwarantyn moet gaan.
               -      Die betrokke partye moet dadelik 'n volledige lys van mense met wie hy/sy in kontak
                      was, verskaf.
               -      Die bestuur van die skool het nie die outoriteit om die skool te sluit indien daar 'n
                      COVID-19 uitbreking is nie.  Dit is die verantwoordelikheid van die Departement van
                      Gesondheid.
   1   2   3   4   5   6   7   8   9   10