Page 3 - Covid Inligtingsgids 24 Junie 2020
P. 3

-2-


        Koshuis:
        Leerders wat in die koshuis bly, is welkom om reeds op Sondag, 28 Junie om 14:00 aan te meld.
        Die senior koshuisvader sal verdere reëlings kommunikeer. Die senior koshuisvader by die
        koshuise sal met koshuisouers kommunikeer oor reëlings wat by die koshuis van toepassing is om
        so die koshuisomgewing te beveilig.

        Kurrikulum:
        Intussen word van personeel verwag om volgehoue digitale onderrig (e-leer) aan leerders te bied
        wat nog nie tot die skool toegelaat is nie (m.a.w Gr 8 & 9)

        Die suksesvolle afhandeling van die kurrikulum is vir ons belangrik sodat ons leerders teen die
        einde van die jaar sinvolle rekenskap kan gee.  Alle rolspelers moet egter besef dat ons hoogste
        prioriteit  die veiligheid en gesondheid van ons leerders, personeel en algemene werkers is.

        Aan die hand van bogenoemde sal die volgende reëlings geldig wees:
        1.     Skoolbywoning:
               Stuur asseblief 'n GESONDE leerder skool toe.
               Alhoewel ons versoek dat leerders wat enigsins simptome toon by die huis moet bly,
               is dit noodsaaklik dat die gesonde leerders wel skool toe kom.

               Ons het reeds baie akademiese tyd met die inperkingstyd verloor.  Leerders moet
               asseblief nie onnodig wegbly nie.

               Aan leerders wat siek word of geïsoleer word, sal steeds alle akademiese inligting verskaf
               word, hetsy op die beskikbare platforms van die skool nl: e-boeke, whatsapp, MS Teams
               of by een van die klasmaats.

               Indien u kind tydens die afgelope inperkingstyd met iemand te doen gehad het wat of die
               COVID-19 virus onder lede het, of u vermoed dat u kind dalk geïnfekteer kon raak, moet u
               asseblief u kind by die huis hou en dringend mediese hulp reël.    (Neem asseblief kennis
               dat ons geen uitsondering sal maak nie).

        2.     Emosionele ondersteuning:
               Hierdie is uitdagende tye vir ons almal, maar as u sou opmerk dat u kind angstig is of
               uitermate gespanne is of sy/haar gemoedstoestand wankelrig voorkom, kontak ons gerus
               by die skool sodat ons berader, Mev Marx, en/of ons lewensafrigter (Life Coach),
               Mev Jessica Hattingh, met u kind kan konsulteer (gratis).

        3.     Toegang tot die skoolterrein:
               Die hoofhek word daagliks gesluit.  Ons versoek ouers om nie onnodig die skool te besoek
               nie, sodat ons die risiko’s behoorlik kan bestuur.  Indien u wel moet skool toe kom, neem
               kennis dat van u verwag sal word om 'n Betredingsregister te voltooi.

               3.1    U sal bereid moet wees dat u temperatuur met 'n termometer getoets moet word.
                      Indien u temperatuur bo 38ºC is, sal u nie tot die skool toegelaat word nie.

               3.2    U sal bereid moet wees dat u hande met 'n ontsmettingsmiddel gespuit
                      word.

               3.3    Van u sal verwag word om te alle tye 'n goedgekeurde gesigmasker te dra.
   1   2   3   4   5   6   7   8