Page 8 - Covid Inligtingsgids 24 Junie 2020
P. 8

-7-


        25.    “'n Laaste stuiwer in die beurs”:  Skoolgeld

               Ouers, ons het dit reeds in 'n vorige skrywe genoem dat ons dankbaar is vir ouers wat in
               hierdie moeilike tye steeds skoolgeld betaal het.  Daarsonder kan ons nie die skool se
               verpligtinge nakom nie.  En soos u bewus is, skep enige nie-betaling 'n kettingreaksie wat
               beteken dat verskeie besighede nie betaal kan word nie en almal uiteindelik baie swaar kry.
               Ook dankie aan die ouers wat reeds reëlings getref het rondom skoolgeld.  Ons het regtig
               begrip vir u huidige situasie, maar weet dat as ons saam hierdie proses bestuur, kan ons in
               die laaste kwart van die jaar hopelik almal weer ons verpligtinge nakom.

               Ouers, wees asseblief verseker van ons begrip, en ondersteuning.  Neem asseblief die
               vrymoedigheid om met ons te praat.  Dit is juis nie nou die tyd om skaam, teruggetrokke of
               jammer vir uself te wees nie, maar neem die vrymoedigheid om of te bel of 'n e-pos te stuur.
               Ons kan slegs hierdie nuwe normaal verstaan en bestuur as ons bereid is om mekaar te
               ondersteun.

        Baie sterkte met al die daaglikse uitdagings in ons samelewing.  Bly gesond en bly veilig!

        Pietiegroete







        WILLIE SCHOEMAN                                   INA VAN DER MERWE
        HOOF                                              ADJUNKHOOF
   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13