Page 4 - Covid Inligtingsgids 24 Junie 2020
P. 4

-3-


               3.4    Op-en-aflaai prosedure:  Leerders
                      a)      Ouers:

                              Wanneer u kind in die oggend afgelaai word op die parkeerblad in Dorpstraat,
                              versoek ons u om te wag voor u vertrek, sodat  ons u  kind se temperatuur kan
                              meet. Indien u kind se temperatuur hoër as 38ºC is, sal u kind nie tot die
                              skoolterrein toegelaat word nie.  U sal dus beskikbaar moet wees om u kind
                              terug te neem huis toe.
                              Indien moontlik, neem asseblief u kind se temperatuur reeds by die huis.
                              Indien u kind se temperatuur bo 38ºC is, of hy of sy ja op enige van die COVID-
                              19 vrae antwoord, hou asseblief u kind tuis.


                      b)      Leerders:  (Meld asb. vanaf 07:25 aan)
                              Graad 10 & 11’s:  (Hek in Dorpstraat by Afrikaans-roostuin)
                              Daar sal merke 1.5m uitmekaar op die parkeerterrein aangebring word waar
                              leerders in 'n ry moet aanmeld en sosiale afstand moet handhaaf (wag dus
                              geduldig).

                              Personeel sal die leerders met ‘n aanlyn siftingsvorm by die hekke ontvang.
                              Hulle gee dus net hulle leerdernommer en temperatuur vir die personeellid.
                              Hulle temperatuur sal met 'n termometer getoets word. Indien hul temperatuur
                              bo 38ºC is, sal hulle nie tot die skool toegelaat word nie.

                              Hulle hande sal met 'n ontsmettingsmiddel gespuit word. Leerders mag hul eie
                              ontsmettingsmiddel gebruik, maar hul moet dit dan voor personeel doen.

                              Hulle moet te alle tye 'n goedgekeurde gesigmasker dra.


        4.     Kwarantynkamer:
               Daar sal ook 'n fasiliteit beskikbaar wees waar leerders wat by die skool siek word of
               simptome van COVID-19 toon, geïsoleer kan word.  Die ouer/voog sal onverwyld
               gekontak word sodat u kind afgehaal kan word en u, u kind verder tuis kan versorg of u vir
               mediese intervensie kan reël.


        5.     Noodwaarskuwingstekens sluit in:

               -      Verkoue of griepsimptome soos koors en hoes.
               -      Probleme met asemhaling:  kort van asem of asemnood.

               -      Aanhoudende pyn of druk in die bors.
               -      Verwarring of onvermoë om wakker te word.

               -      Blouerige lippe of gesig.

               -      Kouekoors.
               -      Seerkeel.

               -      Verlies van smaak- en reukvermoë.
               -      Hoofpyn en lyfseer, braking en diarree.


               LET WEL:  DIT IS NIE AL DIE NOODSIMPTOME OF TEKENS NIE.
   1   2   3   4   5   6   7   8   9