Page 7 - Covid Inligtingsgids 24 Junie 2020
P. 7

-6-

        19.    Reis:
               Onthou om dit, sover moontlik, te vermy om te reis.  Indien u nie 'n keuse het nie, tref
               asseblief al die nodige veiligheids- en voorsorgmaatreëls.

        20.    Skoolure:
               Vanaf 1 Junie tot 7 Augustus:  08:00 – 14:30
               Kinders meld onmiddellik by periode 1 aan – daar is geen registerperiode nie.
               Bring asseblief 'n kospakkie vir pouse saam.

        21.    Wangedrag:
               21.1  Geen gedrag wat ander leerders of persone op die skoolterrein se gesondheid
                      bedreig, sal toegelaat word nie.
                      Dit sluit in:
                      21.1.1 enige gedrag wat potensieel kan bydra tot verspreiding van COVID-19 in die
                              skoolgemeenskap.
                      21.1.2 enige gedrag teenstrydig met gesondheidsvereistes en reëls omskryf in
                              Nasionale Wetgewing en/of Regulasies; en
                      21.1.3 enige gedrag wat teenstrydig is met die skool se beleid en/of protokol met
                              betrekking tot COVID-19.

               21.2  Boelie en teistering van enige leerder wat siek is, simptome verbonde aan die virus
                      ervaar of wat karaktereienskappe deel met persone wat verbind word met die COVID-
                      19 virus word streng verbied.

               21.3  Daar mag dissiplinêre stappe teen leerders geneem word indien enige van hierdie
                      reëls oortree word.

        22.    Tugmaatreëls:
               22.1  Die betrokke oortreder(s) word aangemeld by die Hoof/Adjunkhoof/Hoof van
                      Dissipline/Graadvoog, waar verdere stappe geneem sal word.

               22.2  Tug wat opgelê kan word met betrekking tot die oortreding van COVID-19 beleid,
                      skool- en koshuisreëls, is as volg:
                      22.2.1 Eerste oortreding:  Waarskuwing.
                      22.2.2 Tweede oortreding:  Interne dissiplinêre verhoor.
                      22.2.3 Derde oortreding:  Eksterne dissiplinêre verhoor.


                       Verantwoordelikheid  C21  Oortreding van die COVID-19 beleid,                 150 punte
                                                       skool en koshuisreëls


        23.    Elkeen van ons personeel, ouers en leerders het die verantwoordelikheid om ons
               gemeenskap te beskerm.  U beskerm nie net u kind met u keuses nie, maar u
               beskerm ook elke ander persoon wat deel van die skoolgemeenskap is.  Baie dankie
               vir u sorgsame samewerking en lojaliteit aan die skoolgemeenskap.

        24.    Dankie aan die ouers en onderwysers wat die afgelope 10 weke (tydens die
               grendeltyd) ons leerders ondersteun en bemoedig het.  U bydrae is van onskatbare
               waarde vir ons leerders se vordering en ons weet hulle sal die vrugte van hulle arbeid
               pluk.
   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12