Page 53 - Merensky Vat 50 Reunie Album
P. 53
Elsie
Koekemoer/
Metgesel: Hennie
Geboortedatum: 18 Februarie Steynberg
Woonagtig: Letsitele
Limpopo
Tel:
Selfoon: 082 699 3572
epos: elsiekoekemoer686@gmail.com
Kinders: 1 Seun , 1 Dogter
Kleinkinders:1 Dogter,
6 Aangetroude Agterkleinkinders
Tans: Woonagtig op ‘n plaas teenaan Letsitele. So geniet ons die rustigheid en beleef net
goedheid van BO.
Na Skool: Begin Loopbaan 1969 by SA Vervoerdienste in Tzaneen. Trou met Hennie.
Hoogte punt in my loopbaan was toe ek in beheer was van Mooketsi Stasie, tweede vrou wat
so iets kon bereik in SA. Na 31 jaar beëindig ek my loopbaan daar en so ontstaan Elsie’s
Beskuit in my kombuis. Met Genade van BO brei die besigheid so uit dat ons ‘n twee
slaapkamer woonstel langs die huis omskep in beskuit fabriek. Ons verskaf aan al die
Checkers winkels in die Noordelike Provinsie en kon nie voorbly nie. Na 14 jaar tree ek en
Hennie af en ons Seun en Skoondogter is nou in beheer van die besigheid.
Skoolherinneringe:
Elsie & Hennie Ek was van std 8 tot st 10 op Merensky. Net goeie
herinneringe . Van my hoogtepunte is toe ons in
groepies by die Onderwysers se huise gaan sing het.
Altyd vir my gevoel ek was Tannie Klippies se
voortekkertjie.
Ek was koshuisprefek in Matriek.
Elsie’s se lekker beskuit