Page 49 - Merensky Vat 50 Reunie Album
P. 49
Elize
Steenkamp/
Metgesel: Douw
Geboortedatum: 06/10/1950 Jordaan
Woonagtig: Nelspruit,
Mpumalanga
Selfoon: 084 504 5435
Tel:
epos: tarentaalveer@gmail.com
Kinders: 1 Seun ,1 Dogter
Kleinkinders:1 Seun,1Dogter
Tans: Afgetree
Na skool: Gaan studeer 4 jaaronderwys, daarna Onderwyseres.
My eerste skool waarby ek gaan skoolhou het was Gravelotte Laerskool. Dit is toe waar ek in
Standerd 4 onder dieselfde skoolhoof in ‘n ander hoedanigheid as wat ek skoolgegaan het,
gaan skoolhou het. Ek was daar ‘n inwonende onderwyseres en het die kinders ook smiddae
vir studie toesig gehad. Die troue het toe gekom. Ek is getroud met Douw wat ‘n siviele
ingenieur was. Ongelukkig kon getroude dames nie poste gekry nie (diskriminasie). Ons is
daarvandaan na Port Elizabeth, Durban, Richardsbaai en in Secunda (na 17 jaar) het ek eers
in Pta die argiewe gaan fynkam om my geregistreerde nommer te kon kry. Daar in Secunda
het ek weer begin skoolhou tot die kinders na Potch Universiteit toe is waar ek ‘n paar jaar
by die PUK gewerk het.
Ons het ons vir 25 jaar in die Wes-Transvaal bevind tot ons hier na die mooie Nelspruit en die
wildtuin gekom het.
Ons het ‘n seun Douw wat sy eie prokureursfirma saam met sy vroutjie Adele het. Hulle het ‘n
seun van 12 jaar in Klerksdorp. Ons dogter is ‘n internasionale regsprokureur en is getroud
met Charles wat ‘n Bioinformatikus is. Hulle bly nou saam met hul dogtertjie van 3 jaar in
New Zeeland.
Skoolherinneringe:
Elize & Douw Mnr Ossie en Juffrou Santjie het ook vir beide my
ouers skoolgehou. Middae na skool het Ellim en ek
lekker wortels in die land gaan uithaal voordat die
bus kom om ons huistoe te neem. (dis natuurlik as
mnr Mitchell al by die huis aangekom het.) Die
busryery het ook sy eie prêt endingetjies gehad wat
ek nie meer so goed onthou nie. Die bus het dikwels in
die middae gebreek en dan was ons klompie baie
ongelukkig want mens is honger , kry warm en jy wil
net skoolklere uitgetrek kry.