Page 45 - Merensky Vat 50 Reunie Album
P. 45
Billy Pöhl
Metgesel: Cecile
Geboortedatum:01/11/1950
Woonagtig: Langebaan,
Weskus
Selfoon: 0745034321
Tel:
epos:lagoonhobbies@gmail.com
Kinders: 2 Seuns, 2 Dogters
Kleinkinders: 2 Dogters
Tans: Inligtings Tegnologie Bestuurder.(IT Manager)
Na skool: Lugmag toe om loods te word, dop toe my oogtoets nou vlieg ek maar model
vliegtuie. Begin as leerlingTegnikus (Elektronika), verwerf Teg Diploma in Rekenaarstudie
en swot deur UNISA vir BSc Rekenaarwetenskap (darem graad gekry na 6 jaar) Die twee
besondere mense wat my lewe en loopbaan gevorm het, Mnr. Ossie - wat my liefde vir
wiskunde met sy bordpasser in my ingeslaan het, met die wiskunde kennis het ek
Wiskundige-, Statistiese rekenaarmodelle ontwikkel wat deur verskeie instansies gebruik
word.
Ook het ek Bedryf-, Mediese-en Proses beheerstelsels ontwikkel vir maatskappye en
industrieë. Die ander een - Juf Santjie, wat altyd aan my “genag” het om my Duits baas te
raak. Te danke aan haar het ek die volgende tale leer praat, Duits, Italiaans, Japenees
tydens my werksaamhede in die onderskeie lande. Tans is ek besig met ontwikkeling van
Kunsmatige intelligensie AI (“Artificial intelligence”), selfoon “APP” sagteware en
webtuistes. As gevolg van die twee Onnies se vertroue in my, het my loopbaan my die
geleentheid gebied om in lande soos, Duitsland, Italia, Japan, Hong Kong, VSA, Taiwan, VSA,
Macua en Singapore te werk en te bly.
Skoolherinneringe:
Billy & Cecile Baie geslip en gaan fliek in die dorp. Wil graag weet
wie is die manne wat deur my koshuis kamervenster
geklim het nadat hulle die ouens gaan borsel het wat
lang hare gehad het. Ek onthou nog die kombi bussie
se deur wat oopgegaan het op pad Louis Trichardt
toe vir tennis en een van ons uitgeval het. Litchis
gaps was my favourite van die plaas langsaan.
Bustoere Jhb toe was ook iets waarna ek uitgesien
het.
Onthou julle nog die
Nou Moeg gedans!
Biblioteekfoto’s