Page 41 - Merensky Vat 50 Reunie Album
P. 41

”VAT 50” KLAS VAN 1968


                                             Boodskappe



        Die Reünienaweek

        “Vat 50” Reünienaweek van die 1968 Matriekgroep van Hoërskool Merensky.
        Ek wil graag so ‘n ietsie of wat met julle deel gegrond op my waarneming en opinie.
        Eerstens was dit EEN GROOT SUKSES. Mense het van heinde en verre gekom, een selfs van

        Australia, om hierdie byeenkoms mee te maak.
        Daar was ‘n groot opgewondenheid en ‘n pragtige “Gees van Samehorigheid” gewees.
        Emosie het met tye maar die oorhand gekry en soms was vreugdetrane te bespeur. Almal
        in die ouderdomsgroep 67/68 en van hulle het mekaar laas gesien toe hulle 18 jaar oud
        was........Oor ‘n tydperk van 50 jaar het die veroudering ook maar ingetree en was dit in die
        meeste gevalle maar.....hallo “Ek is”... gelukkig vir naamplaatjies wat dit darem makliker
        gemaak het.

        Vir diegene wat aanstuur van die organisasie gestaan het, ‘n groot Saluut!.
        Kan julle maar net indink  watse reuse taak dit was om almal opgespoor te kry, of familie
        of vriende van die wat ons reeds vooruit gegaan het, en natuurlik al die ander logostieke
        werk, reëlings en alles wat daarmee gepaard gaan.

        Wat ook uitsonderlik was is dat daar foto’s van die afgestorwe persoon op die skerm
        vertoon is en dan ‘n kort inligting stukkie oor die persoon voorgelees is. Weereens het
        grootmanne maar hard gesluk en sakdoekies by die dames om die trane af te vee.
        Daarna het almal gestaan as eerbewys tydens ‘n” Kersaansteekseremonie”.
        Ter afsluiting, almal was bewus dat ons op geleende tyd leef.
        Deur die genadige hand van onse Here ons God.
        Sondag is afgesluit met ‘n erediens , en die sang was die Oorwinningslied.
        Mense daardie saal se dak het byna gelig en kon die einde van die samekoms nie op ‘n
        meer gepaste wyse afgesluit gewees het, met ‘n preek so van toepassing op die geleentheid

        en natuurlik die sing van die Oorwinningslied nie.

        Hennie Koekemoer

















                                                       Elsie & Hennie
   36   37   38   39   40   41   42   43   44   45   46