Page 15 - nuusbrief 1 2025.cdr
P. 15

AKADEMIE



                          Ons splinternuwe Rooikat-leessentrum




       Ons het vanjaar die Stimulus-Maksima leeskursus in ons E-Lees-periodes begin doen onder leiding van me. Ilse
       Biggs, ons Mediasentrum-bestuurder. Lees met begrip is ons grootste uitdaging en na die sukses van ons
       Wiskunde-Sentrum het ons die uitdaging gepak met die begin van nog 'n ondersteunende sentrum!


       Leerlinge wat leesuitdagings ervaar en by ons leessentrum wil aansluit om lees en leesbegrip te verbeter,  kan
       me. Biggs kontak by rooikatlees@lscp.co.za.  Ons middagssentrum wemel reeds van maats wat lees en ons sien
       uit na 'n ewe groot suksesverhaal hier.


































           WAARVAN MOET JY WEET, sodat ons alles weet wat ander weet?





                                                                   Kategorieë·

                                                                   • Skoolwerk
                                                                   • My land
                                                                   • Geskiedenis
                                                                   • Kultuur en vermaak
                                                                   • Wetenskap en geografie
                                                                   • Gesondheid en leefstyl
        Die webblad waarvan ouers en Rooikatte móét weet, is
        WEET, 'n inisiatief van Maroela Media waarmee hulle        • Sport en ontspanning
        vir leerlinge  en onderwysers toegang gee tot              • Geldsake en loopbane
        betroubare inligting  in Afrikaans, aanvullend tot die     • Tegnologie
        skoolkurrikulum, en wat naslaanwerk vir skooltake en       • Kunste
        praatjies en opdragte in Afrikaans maklik maak!
                                                                   • Taal
        Gaan loer gerus!  Hierdie is 'n skat om te gaan verken!    • Geloof
                                                                   • Politiek
                                                                   Luister artikels
                                                                   Ontdek




      DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20