Page 16 - nuusbrief 1 2025.cdr
P. 16

AKADEMIE




          HOE WERK DIE HALFJAAR-ASSESSERING?



      'n Assesseringsprogram sluit alle assesserings van die kwartaal in en dan later alle assesserings van al vier
      kwartale. Elke assessering in die assesserinsgprogram dra 'n gewig.  Tydens die assesseringsprogram is daar twee
      keerpunte: die middel van die jaar se kontroletoetse en dan November se einde van die jaar eksamen.

      Die SBA (skoolgebaseerde assesserings) wat alle assesserings insluit tot voor die Novembereksamen tel, vir graad
      4 tot 6, 80% van die  finale promosiepunt waarmee bepaal word of 'n Rooikat mag aanbeweeg na die  volgende
      graad toe of die huidige graad moet herhaal. Die finale eksamen tel dan 20%.

      Vir graad 7 tel die SBA 60% en die finale eksamen 40%.

      Die halfjaar-eksamen bestaan uit kontroletoetse en wat soos 'n toetsreeks geskeduleer word en strek oor 'n
      groot gedeelte van die kwartaal.  Ons stel ook 'n afbakeningsboekie beskikbaar en vraestelle kan tot 90 minute
      lank wees oor 'n spesifieke gedeelte van die kurrikulum. Die einde van die jaar se eksamen word afgelê in 'n
      tydsraamwerk van 2 weke en ons Rooikatte skryf dan elke dag 'n vraestel.



             Ons TOP  10  NW-Rooikatte verken die vleiland!






























































      DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21