Page 11 - 05 Cotton SA March 2015
P. 11
Nuus – News
Nuus • News
Die 7460 Agt-ry John Deere
Katoenstripper
ie “katoenstripper” tegnologie is die proses met die meer bekende konvensionele
afgelope seisoen deur bemiddeling “spindle” plukker ietwat anders deurdat
Dvan die katoencluster aan boere in die dié masjien slegs die ryp en oop gebarste
Limpopo Provinsie bekend gestel. Ongeveer katoenbolle van die plant afpluk met bykans
840 hektaar is suksesvol met die stripper ge- geen bykomende vreemde materiaal wat ter
oes en word beplan om nog 1 500 hektaar in sprake is nie.
Noordwes gedurende die komende seisoen Die Katoencluster in samewerking met Cot-
met die masjien te stroop. master en Loskop Katoenpluismeule het dit
Die naam stripper verklap presies wat die moontlik gemaak om hierdie tegnologie na
masjien verrig deurdat alle plantmateriaal, Suid-Afrika te bring sodat die tegnologie in
ryp sowel as onryp bolle, blare en ander samewerking met droëland produsente van
teenwoordige materiaal, eenmalig van die die Springbokvlakte in die Limpopo Provinsie
getoets kon word.
plant gestroop word en vandaar gekanaliseer
word na ‘n skoonmaakmasjien (burr exractor) Tydens die demonstrasie van die stripper was
waar die swaarder vreemde materiaal verwyder dit duidelik dat hierdie tegnologie met groot
word voordat die pluksel na die plukmandjie sukses onder droëland toestande aangewend
vervoer word. kan word. Nie net is die aankoopprys van
die stripper baie goedkoper as dié van
In teenstelling met die strippermasjien is die ‘n konvensionele plukker nie, maar is die
onderhoud- en loopkoste ook baie laer. So
byvoorbeeld het die stripper se dieselverbruik
gevarieer van 4 tot 7 liter per hektaar terwyl
ongeveer 845 hektaar binne 45 dae ge-oes is.
Die resultate is behaal met al die brekasies en
logistieke betrokke tydens die verskuiwing van
die masjien na die boere wat betrokke was.
‘n Absolute voorvereiste vir suksesvolle strip-
perkatoen is die deeglike voorbereiding vir
meganiese pluktoestande in terme van presiese
rywydtes, plantspasiëring asook eff ektiewe
ontblaring van die oes. Hierbenewens moet die
ondersteunende infrastruktuur in terme van verskil in die “ Trash Count “ resultate voor- en
genoegsame modulebouers en kantelwaens na-pluis duidelik uiteengesit word.
in plek wees ten einde maksimale eff ektiwiteit In grafi ek 2 is dit duidelik dat die spindleplukker
te bewerkstellig. Van die produsente is van aansienlik beter presteer het met die
mening dat ‘n minimum van twee modules, hoeveelheid meetbare vreemde material wat
twee kantelwaens en twee trekkers nodig is om betrokke was in die navorsingsprojek.
’n deurlopende vloei vir die pluk, hantering en
stoor van die katoen te verseker. In grafi eke 3 en 4 kan die toename in die RD- en
+b-kleurwaardes, wat die “USDA Colourgrade”
Wat veral verblydend was, is dat die voorkoms bepaal, ook gesien word wat dan ook verder
van die katoen na die pluisaksie baie beter bygedra het tot die hoër veselgrade wat die
grade gerealiseer het as wat oorspronklik stripperkatoen behaal het.
verwag was. Tydens die evaluering van die
pluksel voor pluis, is die hoë persentasie sigbare As gevolg van die droogtetoestande wat
uitskot met groot sukses tydens die pluisaksie gedurende die kritieke groeistadia van die oes
verwyder. Kyk grafi ek 1 hieronder waar die ervaar was, het die grootste persentasie van die
oes ongelukkig kortvesel opgelewer wat tot
fi nansiële kortings aanleiding gegee het.
Die hoër persentasie vreemde materiaal het
grootliks bygedra tot ‘n gemiddelde vesel-
persentasie (GOT) van 30% teenoor ± 36%
van die spindleplukker. Die laer aankoop- en
instandhoudingskoste sowel as die stripper se
plukkapasiteit, ongeveer 30 ha per dag, kan as
teenwig vir die laer veselpersentasie dien.
Laastens, ten einde die volle potensiaal van die
katoenstripper te benut het die plaaslike agent
dit benadruk dat die stripper na ongeveer elke
300 ha volledig gediens moet word.
HF Schroder, Katoen SA
11
Katoen SA Cotton 11 January-March 2015