Page 76 - Merensky Vat 50 Reunie Album
P. 76

Petrus Jacobs



                                 Metgesel: Marita
                                 Geboortedatum: 14/03/1950
                                 Woonagtig: Potchefstroom,
                                                     Noord Wes
                                 Selfoon:      084 517 7084
                                 Tel:             018 293 3446
                                 epos: petrusjacobs@telkomsa.net
                                 Kinders: 1 Seun, 2 Dogters
                                 Kleinkinders: 4 Seuns, 2 Dogters







        Onderwyser. Was hoof van ‘n swart skool naby Ventersdorp. Het ook 7 jaar op Merensky
        skoolgehou!!
        Na Skool: Het in 1969 Militêre opleiding in Voortekkerhoogte en toe onderwys gestudeer
        aan Onderwyskollege Potchefstroom.

                                                   Skoolherinneringe:
                Marita & Petrus                    My pa, oom Koos was mos faktotum op Merensky en
                                                   oom Pelser plaasbestuurder. So, Merensky was maar
                                                   ons huis. Een vakansie het ons Jacobs en Pelser seuns

                                                   die plaas se een trekker "geleen" en met hom Inry toe
                                                   gegaan. Net jammer oom Pelser het dit agter gekom

                                                   en met ons terugkoms het elkeen van ons 'n helse pak
                                                   gekry!  Die Nag Wolwe!, Gert en Petrus F. kan meer
                                                   vertel. Onder leiding van Mnr. Dekker is kinders wat
                                                   oortree het, in die nag besoek ontvang van die Nag
                                                   wolwe. Hulle is dan goed geborssel. Hulle het darem
          Petrus dans darem te lekker              voor die tyd ‘n briefie ontvang wat hulle gewaarsku
                   met Marita                      het dat die Nag Wolwe hulle dophou. Mnr Dekker het
                                                   sleutels gehad van al die gange en ons het ook die
                                                   krag af gesit voor ons toegeslaan het. Groot seuns het

                                                   gesoebat en gehuil en belowe hulle sal nooit weer
                                                   oortree nie Daar was later “chaos” in die koshuis almal
                                                   was te bang om te gaan slaap.
                                                   Ek het ook op Merensky skoolgehou,  vakke soos
                                                   Biologie en Wiskunde. Was baie betrokke by sport en
                                                   het verskeie rugby- en kriekettoere op Merensky en
                                                   Ventersdorp Hoërskool met kinders onderneem.
   71   72   73   74   75   76   77   78   79   80   81