Page 119 - Getroud met 'n Leuen
P. 119
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Hoofstuk Agt: Hoe Kom Mens Uit 'n Toksiese Verhouding.
Hoekom Bekyk 'n Slagoffer Eerder Die Toksiet As Om Op Haarself Te Fokus?
Kitty Carlisle
NPD Abuse Survivors · Survivor of maternal and spousal narcissistic abuse
Ek voel al die antwoorde wat hier gegee word, is wonderlik! Daar is egter een ding wat ek
graag wil deel. Vir die grootste deel is diegene van ons wat misbruik word, eintlik baie
intelligente, hardwerkende, opregte, liefdevolle mense. Dit is waarom die toksiet jou gekies
het. Jy het hulle volledig gemaak deur die besit van al die eienskappe wat by hulle ontbreek,
sal ook altyd by hulle ontbreek en hulle sal jou met afguns bejeën. Een van die moeilikste
waarhede waarmee ons vrede moet maak, is dat ons verkul is. Natuurlik laat dit ons dom voel.
In my geval, ek is mishandel vir meer as 2 dekades, en ergste van alles, ek is 'n lid van MENSA.
Sodra hulle waarheid uitkom, is ons so seergemaak en vernietig, dat ons nie heeltemal
geestelik in staat is om daardie somber "blikkie wurms" van toksiese gemors oop te maak
nie. As ek so heeltemal verkeerd kon wees oor die grootste lewenskeuse wat ek nog ooit
gemaak het, in watter ANDER belangrike besluite en keuses van die lewe was ek dan ook nog
heeltemal verkeerd? Was ek ook so ‘n onkundige dwaas op ander gebiede, verhoudings en
besluite?" Dit is 'n eindelose doolhof van self ondervraging wat nie ontleed moet word terwyl
ons diep in die gat van ‘swak wees’ sit nie! So, ons fokus eerder op die
misbruiker/molesteerder. Dit is baie makliker om onsself te bekragtig deur alles te lees en te
leer oor hulle karakterfoute, hulle probleme, hulle versteurings, hulle verskriklike optrede en
hulle epiese slegte keuses! En jy weet wat? Dit is heeltemal natuurlik om eers gesond te word
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 119