Page 124 - Getroud met 'n Leuen
P. 124
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Onthou: Om jouself lief te hê is nie selfsugtig nie en dit is ook nie patologies narsisties nie. Dit
is 'n gesonde vorm van narsisme, bekend as ‘n soliede selfbeeld. Dit is 'n geloofstelsel wat sê
dat jy maak saak, dat jy dit
waardig is en dat as die lewe 'n
paar boelies en roofdiere op jou
pad moet gooi, jy die
wapenrusting, eiewaarde en
gereedskap (grense) het om vir
jouself op te staan, een
triomfantlike oorwinning op 'n
slag.
Die Herstelpad Vir 'n
Empaat.
Dit is absoluut belangrik om aan
te hou om jouself vrae te vra
oor wat aangaan in 'n toksiese
verhouding. Dit is baie belangrik
om op 'n toksiet se aksies te
fokus en ook waar te neem dit
wat hy doen , en nie net op sy
woorde te let nie of dan te hoor
nie. Die optrede van 'n toksiet
sal altyd die waarheid
openbaar. As jy glo jy is in 'n
verhouding met 'n narsis, moet
jy dalk 'n gevoel van emosionele
losmaak skep om die
traumaband te verswak en dit
moet fokus op om duidelikheid
te kry oor die toestand van die
verhouding en om jou toe te laat om dinge duideliker en meer objektief te sien. Om dit te
doen, kan jy die grysrots* metode gebruik as 'n manier om 'n gevoel van emosionele losmaak
te skep. Daarbenewens kan metodes soos bewuste asemhaling, meditasie en onpartydige
gesprekke ook help om 'n werklikheid van losmaak te skep. Herken en erken jou gedagtes
sowel as jou emosies en gevoelens, en dit wat kan help.
Ten einde vir 'n slagoffer om nie verder oorgeneem te word deur 'n toksiet nie, moet sy haar
eie wese en denke ten volle in besit neem. Die Bybel sê 'n mens kan nie 'n lamp onder 'n
maatemmer sit en dan verwag dat jou lewe verlig sal wees nie. Vir die slagoffer geld dieselfde
beginsel vir sy lewe. Die slagoffer moet 'n verhouding met die pyn binne homself skep wat hy
nog nie omarm het nie. Dit is slegs deur van die verborge, en voorheen geïgnoreerde pyn
binne jou bewus te word dat jy jou eie wonde kan verwerk en begin met die proses van
genesing.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 124