Page 129 - Getroud met 'n Leuen
P. 129
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
jy dit kan doen, kan jy steeds oorweldig voel oor die vooruitsig om hulle alleen groot
te maak.
• Beskerm jouself as 'n mishandelde man
Huishoudelike geweld en mishandeling kan 'n ernstige fisiese en sielkundige impak hê. Die
eerste stap om jouself te beskerm en die mishandeling stop te sit is om uit te reik. Praat met
'n vriend, familielid, of iemand anders wat jy vertrou, of kontak 'n huishoudelike geweld
hulplyn.
Om die probleem te erken en hulp te soek, beteken nie dat jy misluk het as 'n man of as 'n
vader nie. Jy moenie blameer word nie, en jy is nie swak nie. Om hulp te soek bied 'n gevoel
van verligting en verskaf broodnodige ondersteuning. As jy die besonderhede deel van jou
mishandeling, kan dit ook die eerste stap wees om 'n saak teen jou misbruiker/molesteerder
te bou.
Om Aan Te Beweeg Van 'n Gewelddadige Verhouding.
Ondersteuning van familie en vriende asook berading, terapie en ondersteuningsgroepe vir
oorlewendes van huishoudelike mishandeling kan jou help om aan te beweeg nadat ‘n
gewelddadige verhouding beëindig is. Jy kan sukkel met emosies wat jou ontstel of
gevoelloosheid ervaar, selfs eensaamheid of verlore voel en nie in staat wees om ander
mense te vertrou nie. Na die trauma van 'n gewelddadige verhouding, kan dit 'n rukkie neem
om oor die pyn en slegte herinneringe te kom, maar jy kan genees en aanbeweeg.
Selfs as jy gretig is om in te spring in 'n nuwe verhouding en sodoende uiteindelik die intimiteit
en ondersteuning te kry wat in jou gewelddadige verhouding ontbreek het, is dit wys om dinge
stadig te neem. Maak seker dat jy bewus is van enige rooi vlag gedrag in 'n potensiële nuwe
vennoot en ook wat dit verg om gesonde, nuwe verhoudings te bou.
Moenie ‘n Toksiet Vertel Hy Is ‘n Toksiet Nie.
As jy vir 'n toksiet sê jy weet hulle is 'n narsis, dan het jy jou bevoorregte posisie weggegee. Jy
het dit op 'n silwer skinkbord oorhandig, die wete dat jy weet wie hulle is. Kennis wat hulle
teen jou mag en sal gebruik.
As die toksiet nie weet jy weet hy is 'n toksiet nie, dan kan jy die normale Toksiese siklus
ongesiens beoefen soos ignoreer, kritiseer, geringskat ... en jy kan dit skelm op hulle toepas.
Voorheen kon jy hulle nie met hulle eie dade terugkry nie want jy het nie daarvan geweet nie,
maar nou is jy bemagtig, en kan dit ignoreer. Jy kan dit doen, maar ook nie vir te lank nie
anders word jy net soos die narsiste of jy weet ook nie hoe die toksiet sal optree nie, hulle
mag onvoorspelbaar wees in hulle optrede. Hulle het geen ander keuse as om dit uiteindelik
te aanvaar dat jy weet wie en wat hulle is, en waarskynlik sal hulle op hulle eie pad gaan
omdat jy "vervelig" geword het. Eenvoudig nie meer die moeite werd om hulle tyd op jou te
mors nie.
As jy egter dieselfde taktiek toepas nadat jy jou posisie weggegee het, dat jy weet wie die
toksiet is, dan sal die toksiet dit as 'n speletjie sien. Miskien nie 'n wedstryd wat hulle sou wou
hê nie, maar nogtans 'n wedstryd wat hulle as 'n uitdaging sien en met alle mag sal wil wen.
Alles wat jy doen, sal hulle sien as 'n noukeurig berekende maneuver, en hulle sal as sodanig
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 129