Page 130 - Getroud met 'n Leuen
P. 130
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
reageer. As hulle geen ander keuse sien en in ‘n hoek gedryf is, kan hulle op die aanval
gedwing word. Dit beteken net moeilikheid en hulle sal uit hulle pad gaan om jou naam swart
te smeer en jou te diskrediteer. As daar 'n keuse is, moet jy jou posisie van ‘nie weet nie’,
handhaaf. Moenie dit weggee nie, tensy jy weet dat hulle jou nie maklik kan bereik nie.
Verbreek Die Traumaband.
Die Traumaband kan die ongelooflikste greep op sy slagoffers uitoefen. 'n Bio-chemiese
verslawing vir beide toksiet en slagoffer, is dit moeilik vir die slagoffer en haar
ondersteuningsgroep om te verstaan. Om dit te breek vereis 'n heeltemal ander ingesteldheid
en baie, baie harde werk. Die eerste uitdaging is om oor die verhouding en die toksiet te kom.
Dit is nie maklik nie, want die slagoffer was lief vir die persoon (nie die toksiet in hom nie), en
daarby is daar jare se wanhoop en hoop saam ingevoeg. Mense dink dat, om oor 'n toksiese
verhouding te kom, gaan slegs om oor die opbreek en traumaband te kom. Dit is egter net die
helfte van die vergelyking, en al is dit ‘n belangrike helfte is die ander helfte om te herstel,
nog belangriker. Sommige wenke om hierdie eerste helfte mee aan te pak:
• Begryp en verstaan dat jy net op ‘n versinsel verlief was. Dit het nooit bestaan nie.
• Verstaan dat die persoon met wie jy in ‘n verhouding was, eintlik 'n baie giftige en
gevaarlike kulkunstenaar is.
• Self-valideer dat hulle inderdaad narsiste is deur stelselmatig hulle gedrag met die rooi
vlae van narsisme te vergelyk.
• Gee enige hoop op om ooit enige validering van vriende of familie te kry, of inderdaad
van "normale" terapeute. Iemand wat nog nooit 'n slagoffer van ‘n toksiet was, sal
nooit met jou kan mee voel of enige idee hê waardeur jy is nie. Soek eerder hulp,
ondersteuning en validering met ander NPV-misbruik slagoffers (bv FaceBook forums),
of by 'n terapeut wat spesialiseer daarin NPV misbruikte mense te help.
• Laat vaar enige drome wat jy dalk gehad het oor die toekoms saam met daardie
persoon. Ongelukkig was dit alles net fantasieë, die toksiet is totaal onaanvaarbaar.
• Leer en lees soveel as moontlik oor NPV om bogenoemde punte te laat insink.
• Vergewe jouself vir wat jy dalk mag dink jou fout is of was. Narsiste is immers uiters
talentvolle en geloofwaardige kunstenaars en selfs die professionele mense word
deur hulle geflous. Jy is geteiken vir 'n paar baie bewonderenswaardige eienskappe in
jou, en jy het net probeer om kwesbaarhede in hulle te herstel. Alhoewel jy dalk
probeer het, is die ongelukkige werklikheid dat narsiste nooit herstel kan word nie.
• Beskerm jouself teen enige verdere mishandeling. Maak jouself ongenaakbaar.
Bomvas en skokvas. Gaan ‘Geen Kontak’, blok alle kontaknommers, verhoed dat enige
sosiale media terugvoer die toksiet kan bereik en breek alle bande met gesamentlike
vriende wat pro-narsis is.
• Benader die opbreek net soos jy ‘n breek met enige ander verslawing sou benader.
Kry baie oefening, verkieslik in die vars lug. Stel vir jouself doelwitte met betrekking
tot jou fisiese gesondheid. Omring jouself met positiewe mense wat jou 'n hupstoot
gee. Be-oefen stokperdjies en ander vrye tyd besteding items waarvan jy voorheen
van gehou het en wat jy geniet en dit is nog beter as hulle kreatief is.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 130