Page 135 - Getroud met 'n Leuen
P. 135
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
triljoen jaar gelede en dat gehoorsaamheid uiteindelik al is wat jou lewe red. Dit en jou geloof
in jou Skepper.
Binne die konteks van die Christelike lewe, is daar vele verbonde. Eerstens jou verbond met
die Here, tweedens jou verbond met jou kerk, derdens en laastens jou verbond met jou
huweliksmaat. Ons kan ander ook inbring, maar dit is dalk meer kontrakte as verbonde
wanneer ons dink aan ons werk, besigheid, ensovoorts. 'n Mens kan vêr in die lewe kom met
liefde, samehorigheid en respek. Die probleem kom in as 'n toksiet jou lewe binnedring met
net een doel voor oë en dis om jou te vermoor sonder dat jy dit weet.
Hoofstuk Nege: Hoe Leef 'n Kind Van Die Here Binne Sy Verbond.
Die inhoud van die Woord is die agtergrond waarteen mens moet kyk waarom 'n toksiet nie
naastenby binne die geskryfde Woord van God leef nie, en waarom die herstel slegs binne die
Woord verkry kan word. Ons moet die Woord leef!
Vir elke mens is sy pad deur die lewe reeds bepaal tot in die fynste besonderhede. Jesus sê
dat Hy altyd weet hoeveel hare daar op ons hoof is, dat Hy weet of ons sit of staan en of ons
ry of bly. Om dit te begryp en te verwerk is nie maklik nie. Ten eerstens hou mense daarvan
om in beheer van hulle eie lewe te wees. Talle oorloë is al gevoer juis om beheer te behou of
om beheer te verkry. Dit is ook ons probleem wanneer dit by kindskap van God kom. Ons is
al te geneig om kindskap op ons eie terme te wil bepaal en te definieer. Aldus wil elke mens
sy verbond met sy God definieer en dit maak dit moeilik om iets op papier te sit oor hoe leef
'n kind van God. Maar die heilige skrif het sy eie rigtingaanwysers.
Joh 1:1 - In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self
God.
I Kor 7:29-31 - Ek bedoel dít, broers: die tyd is min. Van nou af moet dié wat getroud is, leef
asof hulle nie getroud is nie; en dié wat bedroef is, asof hulle nie bedroef is nie; en dié wat bly
is, asof hulle nie bly is nie; dié wat iets aankoop, asof hulle dit nie besit nie. Ja, dié wat met
die dinge van die wêreld te doen het, moet leef asof hulle daar niks aan het nie, want hierdie
wêreld soos ons hom ken, is aan die verbygaan.
“Ek wonder wat sou gebeur het” sê Peter Marshall “as ons almal sou instem om een van die
Evangelies te lees totdat ons by ‘n vers kom wat sê ons moet iets doen, dan gaan doen ons
dit eers voor ons verder kan lees?” Hoe lank sou ons lees aan een Evangelie! (uittreksels uit
Whisper van Mark Batterson se boek).
“Bekeer jou, en jy sal gered word” sê die Here. Dit is ‘n werkwoord, ons moet doen. As die
Bybel nie in ons geplant en geanker is nie, is dit onmoontlik om hierdie opdrag uit te voer.
Ons moet die ou mens aflê, sê Paulus en vernuwe word in gedagtes, in handel en in wandel.
As ons nie doelbewus die ou sondige natuur begrawe nie, kan ons nie deel kry aan die tweede
deel ‘en jy sal gered word’ nie. 2 Kor 5:17-18 sê vir ons: “Iemand wat aan Christus behoort, is
'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dit alles is die werk van God. Hy het ons
deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 135