Page 131 - Getroud met 'n Leuen
P. 131
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
• Omring jouself met items wat jou herinner aan gelukkiger tye van voor jy met die
toksiet deurmekaar was - luister na die musiek wat jy voorheen van gehou het, hang
foto's op gelukkige herinneringe wakker maak, eet kos wat jou herinner aan jou vorige
lewe, ens.
Die tweede deel is die uitdaging om jouself te herstel en om 'n beter mens uit die
ondervinding te skep. Dit is die deel wat jy nie kan doen sonder om op die Hemelse Vader te
vertrou nie en waar die teks ons leer “As die Here die huis nie bou nie, tevergeefs werk dié
wat daaraan bou!” Maar die tweede deel is baie moeiliker en belangriker. Terwyl die voor die
hand liggende toets daaroor gaan om oor die opbreek van die verhouding te kom, , is die
herbou van jouself die werklike uitdaging. Dit is uiters moeilik vir slagoffers, en meer so vir
hulle ondersteuners, om die effek van die mishandeling tydens die devaluasiefase te verstaan,
of die enormiteit van die taak wat voorlê om jou lewe te herbou. Min mense verstaan dat dit
nie gaan om oor die verbreking van die verhouding te kom wat die werklike probleem is nie –
dit is om tot terme te kom met die verlies van jouself gedurende die hele proses, en om dan
die feit in die gesig te staar dat die werklike swaarkry is om die miljoene verbrokkelde stukke
op te tel.
Herleef en kom tot terme met wat tydens die devaluasiefase gebeur het:
• Jy is geïsoleerd van vriende en familie.
• Jy het min of geen waardering, liefde of deernis ervaar nie.
• Jy het gaslig* gekry.
• Jy is voortdurend ondermyn.
• Jy is stelselmatig van jou vertroue ontneem.
• Jy is misbruik op soveel moontlike maniere.
Terwyl elke individu die trauma anders beleef, is dit nietemin uiters belangrik om aan die
volgende items aandag te gee tydens die herstel fase. Sommige slagoffers sal langer vat as
ander, maar weereens is dit belangrik om soveel tyd te vat as wat nodig is. Sommige wenke
en truuks om jou te help herbou
• Vestig 'n fisiese toevlugsoord om vir jou tyd te koop wat vry is van soveel druk as
moontlik. Dit sal altemits beteken dat jy moet afskaal, en selfs die moontlikheid insluit
dat jy sal moet verhuis. Jy het ook nie geld bekommernisse of die risiko van enige
kontak met die toksiet nodig nie.
• Omring jouself met 'n ander groep mense wat pret is om by te wees en wat jou opbou.
• Doen dinge wat jou goed oor jouself laat voel.
• Werk aan jou fisiese voorkoms om die beste fisiese verpersoonliking van jouself te
wees - dit sal jou selfbeeld ‘n dramatiese hupstoot gee.
• Identifiseer en genees jou innerlike wonde (mense is vooraf opgestel
(geprogrammeer) om vir narsiste te val weens 'n kinderwond wat hulle in die
kinderjare opgedoen het wat hulle mensebehaers maak met swak persoonlike grense
– 'n kwessie wat as deel van die proses opgelos moet word).
• Werk op jou ingesteldheid teenoor die narsis. Na regte moet jy hulle haat en wens om
wraak te wil neem. Maar dit is die verkeerde ingesteldheid – nie net sal dit beteken
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 131