Page 134 - Getroud met 'n Leuen
P. 134
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
DEEL V: DEUR DIE LENS VAN DIE BYBEL - ONS VERBOND MET
GOD
Is 'n Dagstukkie En 'n Skietgebed Goed Genoeg?
Die Bybel maak dit vir ons baie duidelik dat ons as mense baie moeilik die ewige lewe sal
beërwe. Ons lewe vandag in ‘n wêreld waar tyd alles is. Hoe haastiger ons is, hoe meer kan
ons in 'n dag inpas. Tyd vir geldmaak en vorentoe gaan moet ten alle tye gemaak word al is
dit ten koste van baie dinge, ten koste van ons mees kosbare besitting, naamlik ons siele of
selfs ten koste van ons kinders. In die meeste gevalle is dit ons stiltetyd wat in die slag bly. Die
Bybel vertel ons dat stiltetyd nie 'n skietgebed en 'n vinnige dagstukkie is nie, maar sê vir ons
dat ons na die bo-kamer moet gaan en stil word voor die Here.
Natuurlik moet dit 'n prioriteit van elkeen van ons wees, nie net 'n prioriteit nie, ons moet
met ons hele wese daarin glo dat die Woord van God die enigste Waarheid is. Meer nog, ons
moet nooit ooit in die versoeking kom om 'n ander interpretasie te wil gee aan gedeeltes in
die Heilige Skrif sodat dit ons kan pas nie. Nog erger, 'n gedeelte so te verdraai dat dit 'n ander
betekenis het as wat die oorspronklike bedoeling was. Ons kan aan vinnige voorbeelde dink
soos die bedoeling van die Rusdag, of wie en wat ons medemens is, of wie en wat is die kerk,
of die een wat ons so graag voorhou as tye wat verander het, ensovoorts. Die ergste is
wanneer ons ons oorgee aan die drang om met die massa saam te gaan omdat dit die inding
van die tyd is.
Die Bybel sê daar sal nie 'n jota of tittel verander in die Woord nie en dus ook nie in die lewe
van 'n kind van die Here nie. Dit verwys baie spesiaal na dit, wat die Here van elkeen van ons
verwag, om te leef soos die Woord aan ons voorskryf. Ons leef met verskillende verbonde in
ons lewe soos byvoorbeeld 'n verbond met ons God, met ons kerk en met ons huweliksmaat.
Om gelukkig te wees in die lewe, is om te verstaan waar elkeen inpas in ons lewe. Ons wil in
vandag se dae so graag ons vrou of man of kind of ma of pa of almal bo-aan ons lys sit van wie
die belangrikste in ons lewe is, en ons roem ons daarop dat dit ryk herinneringe bou en dat
dit is waaroor die lewe gaan. Maar is dit? Die Here sê uitdruklik dat dit nie so moet wees nie,
Hy sê ons moet so leef asof ons nie 'n man of vrou het nie, dat ons nie die goed besit wat ons
gekoop het nie, so asof die Woord ons aansê dat die Here ver belangriker is as al hierdie
aardse dinge. Maar die Woord be-opdrag ons om Jesus bo-aan te stel.
Ons dink aan die jong man wat by Jesus gekom het en vir Hom gevra het wat moet hy doen
om die ewige lewe te beërwe? Jesus het hom geantwoord om die tien gebooie te onderhou,
waarop die jong baie vinnig kon antwoord dat hy al die dinge gedoen het. Toe Jesus sê
verkoop al jou aardse goed en gee dit vir die armes, het die oog van die naald net te klein
gelyk en moes hy omdraai en wegloop.
Ek het ook gedink ek is 'n kind van die Here, en het werklik gepoog om te leef soos wat die
Woord sê. Maar dit was in my jong dae, voor die werklikheid van die lewe my in al sy felheid
getref het. Hierdie verhaal gaan rondom hoe vinnig die lewensmat onder jou uitgetrek kan
word sonder dat jy dit verwag en sonder dat jy weet waarom, of sonder dat jy daarvoor gevra
het. Baie jare later vind jy uit dat die Almagtige God jou lewenspad bepaal het, alreeds 'n paar
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 134

