Page 139 - Getroud met 'n Leuen
P. 139
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Die sekerste manier om in die teenwoordigheid van God te kom, is om in die Woord van God
te kom. Dit verander die manier waarop ons dink, die manier hoe ons voel, die manier waarop
ons leef en die manier hoe ons lief het. Die Here sê dat as ons in hom is, en sy woorde is in
ons, kan ons vra net wat ons begeer en dit sal gedoen word. Wat ons begeer? Ja, wat jy ook
al begeer, maar hier is ‘n vangplek: as die Woord van God regtig in jou is, sal jy niks vra wat
buite die grense van God se goeie, genadige en perfekte wil vir jou is nie. Die einde is dat ons
uiteindelik net begeer om God se wil te doen, en net dit begeer en vra. Is God belangriker as
jou ma of pa of vrou of man of kind?
God is nie ‘n ‘Genie’ in ‘n bottel nie, en ons wens is nie sy opdrag nie. Inteendeel, dis die
teenoorgestelde. Soos ons groei in genade, word Sy opdragte ons enigste wens. Die Bybel
herdefinieer ‘moontlikheid’! Ek kan alle dinge doen deur Jesus wat my krag gee. Die realiteit
kry ‘n nuwe gesig. Geen oog het gesien, geen oor het gehoor en geen verstand kan indink wat
God vir hulle voorberei het vir die wat hom lief het. Maar God het al hierdie dinge aan ons
bekend gemaak deur die Heilige Gees. Dit herinner ons aan wie ons werklik is: “so baie as wat
Hom ontvang, aan hulle gee Hy die reg om sy kinders te wees”
Vir party mense is die Bybel soos ‘n prent teen die muur. Ons kyk so dan en wan daarna omdat
dit ‘n mooi prent is, maar dis al. Dit is staties, dood. Hoekom? Omdat al wat ons doen is om
bloot die Bybel te lees. Die Bybel word slegs werklik as ons dit LEEF! Ons LEEF dit deur dit te
gehoorsaam. Ons gehoorsaam dit deur te doen wat Hy ons vertel om te doen. Die Woord van
God is so magtig soos die vier woorde “laat daar lig wees”, en dit skep ‘n heelal waarin daar
nog steeds sterrestelsels bygevoeg word.
Die profeet Jesaja sê Sy Woord kom nie leeg na jou toe terug nie. Die profeet Jeremia sê dat
God oor sy Woord waghou sodat dit tot vervulling kan kom. Tot vervulling kan kom in ons en
dat ons sy Woord moet uitleef in hoe ons sy opdragte gehoorsaam. Laat ons dan die Bybel
leef en daarby hou! Dit is hoe die Heilige Gees ons gees aanspreek of aanraak. Ons moet
stilstaan by Sy beloftes of ons voete op God se beloftes laat staan en wyer om toe te gee of
terug te deins want God wil in ons woon. Hy kan slegs in ons woon as ons vry is van selfsug,
hebsug, eiewaan, as aardse dinge nie belangriker is as Sy opdragte nie, as ons nie belangriker
is as ander nie en as ons nie nederig ander dien nie. Hy wil vir ewig in ons woon!
Om die stem van God te wil hoor, begin by herlewing. As jy regtig die stem van God wil hoor,
dan moet jy aan God gehoorsaam wees en sy wil doen en uitvoer. Om te hoor sonder om te
doen is hipokrasie op sy slegste. Hoe maklik vertel ons nie ander wat om te doen nie MAAR
onsself doen dit nie. Ons moet die Bybel lees, mediteer oor dit wat ons lees deur te kou op
woorde en frases. In stede daarvan om die verse te wil ontleed, moet die verse ons ontleed
deur ons te laat besef waar moet ons regmaak in ons lewe, dit wat verkeerd is. Dan volg
gebed, dit is om die Woord te geniet en God te dank. Wanneer het jy laas die Bybel gelees uit
pure genot? Dit is gebed wat dissipline omskep in ‘n begeerte vir die Here. Dan word “ek moet
nog en ek wil eendag” verander na “ek is besig en ek is bereid”. En dan as dit is hoe jy Bybel
lees, dan moet jy laastens die Woord verteer, elke vers en woord bedink en oordink en dit is
hoe die Woord van jou kop tot in jou hart kom.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 139