Page 142 - Getroud met 'n Leuen
P. 142
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
I Kor 7:30 - en dié wat bedroef is, asof hulle nie bedroef is nie; en dié wat bly is, asof hulle nie
bly is nie; dié wat iets aankoop, asof hulle dit nie besit nie.
I Kor 7:31 - Ja, dié wat met die dinge van die wêreld te doen het, moet leef asof hulle daar
niks aan het nie, want hierdie wêreld soos ons hom ken, is aan die verbygaan.
Meer Oor Ons Huweliksverbond Met Die Here.
Vyftig jaar gelede was ek 'n jong man en die lewe het wonderlik lê en wink. Alles wat ek
gedoen het, was vir die Here omdat ek net geweet het Hy was altyd daar. Ek het regtig gepoog
om nie verkeerde dinge te doen nie, en was nie bang om vir Hom te getuig nie. Eintlik moet
ek sê dat dit vir my 'n vreugde was om elke dag so teen mense op te tree soos wat Jesus in
die Evangelies sê ons moet optree, gee sonder om iets terug te verwag. Vandag weet ek
verseker dat die weë van God onbekend is, gewoonlik ver is van wat ons wil hê dit moet wees
en dat gehoorsaamheid aan Hom nie onderhandelbaar is nie. So sê die Woord dan ook: “Nee,
beywer allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie
dinge gee.” Mat 6:33.
Dan op 'n dag ontmoet jy iemand besonders, en met verloop van meer as drie jaar kom jy by
die punt waar jy besluit om die verhouding in die huwelik te laat eindig. Gehoorsaamheid aan
die hemelse Vader sou dat dit anders moes wees, maar ek het in my geloofsarrogansie gedink
dat haar woedeuitbarstings te make het met 'n seerkry verlede en dat liefde sulke
probleempies maklik kan oplos, ek was mos darem 'n kind van die Here. Maar was ek arrogant
of ongehoorsaam of dalk beide? Het ek regtig na die waarskuwende stem agter in my kop
geluister, of was ek net plein honger vir liefde uit 'n liefdelose verlede? Maar vir die volgende
vyftig jaar sou ek anders leer en ook dat daar narsiste in jou lewe kom waarvan jy nooit sou
kon glo hulle bestaan nie. Narsiste wat plein daarop ingestel is om jou siel te vermoor en jou
wese te verwoes.
Die Ou Mens.
Ons Hemelse Vader het vele verbonde met die mens gesluit van die begin van tye af. Dit het
reeds in die paradys begin waar Hy eers vir Adam vertel wat mag geëet word en wat mag nie
geëet word nie. Duidelik laat Hy Adam dan verstaan wat die gevolge sal wees, maar die Utopia
was van korte duur en die gevolglike verval, vir die res van tye, sou aanstons aanbreek met
die verbreking van die eerste opdrag en die sonde was daar.
Gedurende die loop van ou Testamentiese tye skyn dit asof die mens al verder weg van die
Here beweeg het na Adam se verval. Soveel so dat Hy in sy hartseer en teleurstelling in die
mens besluit het om die aarde te verdelg. Hy vind dan een mens, Noag, wat Hom gedien het,
en laat hom die ark bou. Die versinnebeelding hier is dat God Hom met die mens bemoei selfs
al is die hoop maar min. Meer belangrik egter is die feit dat die Here wil hê ons as mens moet
ons bemoei met Hom. Hy wil hê ons moet Hom lief hê met ons hele hart en wese. Die van ons
wat dink dat die Here 'n God is wat ons in die hemel sal toelaat as ons so dan en wan 'n
gedagte aan Hom gee en so dan en wan aan ander iets goeds doen of uit ons rykdom vir 'n
arme 'n gunsie bewys, maak 'n reuse fout. Die Here sê immers dit is nie elkeen wat sê Here,
Here wat die Koninkryk sal beërwe nie.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 142