Page 144 - Getroud met 'n Leuen
P. 144
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
werk van die Here.
Gelukkig is die gemeente wie se skatkis vol genadegawes is.
Hy sal nie beskaamd staan wanneer hy in die wyke
na sy gemeentelede moet roep nie.
Moses gaan die berg van die Here op om die tien gebooie te kry. Die Bybel leer ons dat die
Here met sy vinger self op die klippe geskryf het toe Hy die tien gebooie neergepen het. Dit is
ontsaglik om te dink dat die Here kom aarde toe, bly op 'n berg en dit om die tien gebooie vir
ons te kom neerskryf. Dit is nie net ontsaglik vir ons nie, dit moes ontsaglik belangrik gewees
het vir God om dit te kom doen want die hele mensdom, van die begin van tye tot en met die
oordeelsdag, se lewens draai om die tien gebooie. Dit is die verbond. God bly selfs 'n dag
langer hier op aarde op die berg om die gebooie nog 'n keer neer te pen. As dit vir God so
belangrik was, dink net hoe belangrik dit vir ons moet wees! Selfs al het Jesus vir ons sondes
kom sterf, sê Jesus self dat die tien gebooie is die mees belangrikste lewensaanwysers wat
daar is, en dat hulle onderhouding nie onderhandelbaar is nie.
Daar is baie van ons wat vandag glo dat die tien gebooie is nie meer so belangrik nie want
Jesus het vir ons sondes kom sterf. Ja, Jesus het vir ons sondes kom sterf met 'n nuwe verbond
met ons, maar voor sy sterwe het Hy, vir drie jaar lank, vir ons kom vertel hoe ons die tien
gebooie moet uitleef. Redding en 'n plek in Sy ewige woning kom nie sonder om wat in die
Evangelies opgeteken is, te gehoorsaam en uit te leef nie. Net soos Jesus nie 'n halfhartige
kindskap van God hier op aarde geleef het nie, net so min sal ons 'n hemelse woning kan opeis
sonder om nie dieselfde kindskap uit te leef hier op aarde nie. Dit is 'n vreeslike gedagte in
ons tyd waar satan begeer om met elke flitsende advertensie bord, rekenaarskerm, selfoon
en TV-skerm te probeer om ons aandag af te lei, of ons te mislei en ons op ander goed laat
fokus sodat ons gedagtes weg van God kan beweeg. Dan nie eers te praat van sy verleiding
rondom geld, roem en eer nie. Die teks Mat 6:24 sê tog duidelik, ons kan nie vir twee base
tegelyk werk nie, julle kan nie God en Mammon tegelyk dien nie”. Die groot vraag vir elkeen
van ons is wat is belangrik in ons lewe. As ons nie onomwonde kan sê dat die Here die
belangrikste is nie, moet ons ernstig besin oor waar ons pad heen lei. Vir alle praktiese
doeleindes is daar nie 'n môre nie, niemand weet wanneer sy lewenspad eindig nie.
Dan kom ons by die grootste verbond en dit is Jesus se sterwe aan die kruis, en alles wat in
die verlede is verval, en redding deur geloof word 'n werklikheid. Ons behoort baie mooi te
kyk na die Fariseërs en Skrifgeleerdes wat die tien gebooie nougeset onderhou het, en tog
het hulle die Here misgekyk wat die tien gebooie daar gestel het. Hulle het die gebooie so
verwring dat hulle aan die spits gestaan het van die hordes wat Jesus tot die dood veroordeel
het. Mens kan nie help om die ooreenkomste in vandag se lewe te sien nie, waar ons ook
goed weet wat die Bybel en die tien gebooie vir ons sê maar nogtans leef ons nie volgens die
voorskrifte nie. Vir baie van ons onderhou ons net die gebooie wat ons pas, en die ander skuif
ons op die agtergrond. Tog sê Jesus dat as ons een gebod geringskat, dan geringskat ons al
die gebooie. Daar is geen grys by Jesus nie, dit is altyd of swart of wit. Hy sê baie duidelik vir
ons: of ons leef ten volle vir Hom, of ons leef teen Hom. Daar is nie 'n goue middeweg nie, net
die wye pad na die verderf of die smal pad na die ewige lewe. Ons moet daarop let dat Jesus
sê dat daar min mense is wat die ewige lewe sal beërwe. Geleerdes wil graag syfers uitwerk,
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 144