Page 147 - Getroud met 'n Leuen
P. 147
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
God bring vir ons 'n nuwe verbond in werking. Maar nou is ons een met Christus Jesus. Ons
was vroeër ver van God, maar nou het ons naby aan die Waarheid gekom deur die bloed van
Christus. Ons is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die
gelowiges en nou ook lede van die huisgesin van God. Ons is 'n gebou wat opgerig is en
waarvan Christus Jesus self die hoeksteen is, dus 'n geestelike huis waarin God woon. Hierdie
gedagte, nee eerder grootse waarheid, vat bitter baie kou om die ontsaglikheid daarvan te
verwerk. Staan vir 'n hele tyd stil om te dink en te verwerk wat die Woord vir ons hier wil sê.
Nie net moet ons 'n nuwe lewe en rigting inslaan nie, ons moet werklik besef dat die Here in
ons lewe kom woon. Ons moet Hom toelaat om ons gedagtes en denke te vernuwe. Niks
verander sonder pyn nie, en sekerlik is hierdie proses nie net vol pyn nie, maar dit vat ook tyd.
Selfondersoek is kardinaal, en om te luister na die Gees en te doen wat die Gees sê, is
ononderhandelbaar! 2 Kor 10:5 sê: “ en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God
gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak”
Die Nuwe Mens.
Paulus vertel dat die nuwe mense, kinders van God, is elkeen 'n unieke gebou van God, dan
sluit of voeg hulle saam in God en sodoende verrys daar 'n nuwe heilige tempel vir die Here
in wie ons ook opgebou word as 'n geestelike huis waarin Hy woon. Die hele gemeente van
die Here regoor die wêreld, het sy bestaan te danke aan God en in sy ewige beplanning het
Hy dit vir ons daar gestel. Vir ons as individue is dit ontsaglik belangrik om te weet dat die
Here in ons woon. Hy woon in skoon huise, en sodra die eienaar van die huis dit nie skoon
hou nie, het Hy geen ander keuse as om 'n versoek te rig aan die eienaar om die huis skoon
te maak nie. As die eienaar gehoor gee, dan is die vrede herstel en woon Hy in vrede voort in
dié huis. Aan die ander kant, as die eienaar nie gehoor gee nie, dan begin die Here die eienaar
te straf om hom te forseer om die huis skoon te maak. Hy doen dit uit liefde vir ons.
Interpreteer ons sy versoeke reg, en ons maak skoon, dan volg daar vrede. Doen ons dit nie,
word die straf al feller en feller totdat ons gehoor gee en doen wat Hy vra of die Here het
geen ander opsie as om uit die huis te trek nie. Die hartseer is dat ons soms die Here blameer
vir wat oor ons pad kom. Hier dink ons aan Job se storie. Dis 'n verstommende storie waar
ons kennis maak met satan en sy weë. Wie het ooit gesê dat die lewe altyd of ooit regverdig
moet wees? Kyk ons na Job, dan sien ons hoe vinnig hy in die ellende verval. Eintlik
verbysterend vinnig, in 'n kwessie van twee of drie dae gaan hy van ryk en gelukkig tot 'n siek
man met niks en baie ongelukkig. Is dit nie tipies van ons lewe in hierdie tye nie? Maar dan
top Job vir weke in sy kop oor geregtigheid, skuldig wees en te nagekom wees en nog baie
meer. Ag, en as hy tog net sy saak aan die Here kan stel. Dan praat God met Hom, en binne 'n
paar woorde verander Job en sê hy: “Here praat U, ek sal stilbly en luister.” Ja, die Here besit
alles en almal in hierdie wêreld en sê Hy self dat as Hy alles besit, waarom sal Hy 'n mens vra
vir iets. En tog vra Hy, smeek Hy dat ons Hom moet liefhê. So vinnig soos Job val, so vinnig
laat 'n toksiet sy prooi val en net so verbysterend is die gevolge! En dan kom Job uit 'n ander
hoek en leer ons dat die Here gegee het, en die Here het geneem. Moet mens dan vir altyd
tob en vra waarom ek Of hoekom ek Of leer ons dan om te vertrou, selfs al maak niks sin nie?
Maar in Efesiërs 10:4b-5 staan: Daarmee vernietig ons die argumente, asook elke skans wat
teen die kennis van God opgerig word. Ons neem ook elke gedagtenis gevange om dit aan
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 147