Page 151 - Getroud met 'n Leuen
P. 151
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
• Die waarheid as gordel.
• Vryspraak deur God as borsharnas.
• Geloof as skild.
• Verlossing as helm.
• Swaard van die Gees, dit is die Woord van God.
Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur sy Gees. Wees waaksaam. Hoe
kom mens deur 'n lewenskrisis sonder die Here, en hoe kom mens deur elke dag sonder die
Here? Dit is voorwaar onmoontlik.
PITKOS 17*
Here, U ken my opregtheid.
Versoekings is om elke draai.
Here, ek bid en smeek tot U
dat U my gebede sal verhoor,
dat U my geroep om genade
en vergifnis sal aanhoor.
O, Here, hoor tog my gebed
want ek doen dit in alle opregtheid.
Vergeef my tog my sondes,
want U ken my deur en deur.
U toets my gedagtes en ondersoek my dade
elke dag en elke nag.
Ek word altyd aan versoeking blootgestel, maar ek
probeer hard om nie te sondig nie,
selfs nie eers deur woorde nie.
Hier op aarde, hier probeer ek volgens u Woord
te lewe en om nie die pad van sonde te volg nie.
Ek probeer hard om te leef soos u voorskrifte dit
wil hê, ek hou daarmee vol.
Ek bid tot U, o God, want
ek weet U sal my gebede verhoor.
As dit u wil is, verhoor asseblief my gebede.
U reddende hand verlos
die wat verlossing soek,
van sonde.
Hou my in U oog, Here!
Bewaar my in die skadu van u vlerke,
van sondes en versoeking wat my wil verlei,
van godloses wat my van U wil vervreem.
Hierdie ongelowiges is opstandig teen U.
Hulle praatjies is verwaand en godslasterlik.
Hierdie versoekings is oral aanwesig
en hulle poog gedurig om my
van U te weg te neem.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 151