Page 156 - Getroud met 'n Leuen
P. 156

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               kerk te oordeel met die opdrag: ”Verwyder die slegte mens onder julle uit”. God het nie gevra
               vir meelopers en vir mense wat nie VIR Hom kies nie.

               Genadiglik was daar nie motors in die Bybelse tyd nie. Hulle moes maar kerk toe loop, die
               soort van rykdom van vandag was daar nie. 'n Mens wonder baie vandag of die mense kerk
               toe gaan om na die Woord te luister of kom die mense kerk toe om met hulle motors en
               uitrustings te spog? Die wat met vuil skoene en verslete klere opdaag moet maar eenkant in
               die kerk gaan sit, daar is geen deernis nie, NIE vir die armes nie en ook nie vir mekaar nie. Dink
               hieroor na! Vir 'n lang tyd moet ons elkeen hieroor besin, want bestaan die gemeente net op
               'n Sondag, of is die gemeente eintlik veronderstel om elke dag van die jaar te bestaan en te
               funksioneer?

               En die genadegawes? Profeteer ons nog of is dit ook oudmodies, of is dit maar net dat ons
               nooit tyd het om na die Here te luister nie? Hoe moet dit dan wees, broers? Elke keer as die
               gemeente  bymekaar  kom,  het  elkeen  gewoonlik  'n  bydrae  om  te  lewer.  'n  Psalm,  'n
               onderwysing, 'n openbaring ensovoorts, solank alles geskied tot die opbou van die gemeente,
               en dan kom 1 Kor 14:33 met: ”God is tog nie 'n God van wanorde nie, maar van orde en
               vrede..". Maar hoewel die Here opreg besorg is oor sy gemeentes, en hoewel Hy nie die
               verkeerde  mense  in  die  gemeentes  wil  hê  nie,  is  Hy  nietemin  besorg  oor  diegene  wat
               onbekeerd buite die gemeentes is. Ons word beopdrag om met wysheid op te tree teenoor
               dié mense en ons moet altyd die regte antwoorde hê. Dit beteken dat ons met mense moet
               praat oor hulle geloof en lewe in Jesus en nie net hoop iemand anders of die kerkleiers sal dit
               doen nie.

               Ons lees in Heb 10:25 dat ons tog nie van die samekomste van die gemeente moet wegbly
               nie,  maar  mekaar  moet  aanmoedig  om  daarheen  te  gaan.  Des  te  meer  omdat  julle  die
               oordeelsdag sien aankom! In Openbaring sluit alles af, maar 'n groot deel van die boek word
               aan die sewe gemeentes gewy wat verteenwoordigend is van al die gemeentes van die Here
               wat vandag bestaan. So belangrik ag God die gemeentes dat Hy praat van die goue lampe en
               die sterre in Sy regterhand. Die lampe is die gemeentes en die sterre is die leraars, maar beide
               is aan Hom vasgemaak, binne in Sy regterhand. As mens Openbaring lees kom mens tot die
               gevolgtrekking dat alles wat ons op aarde het of gehad het, eintlik miniatuur replikas is of was
               van wat in die hemel is. Dit gaan vir die paradys, die tabernakel, die tempel, die boom van die
               lewe, ensovoorts. en met al die fokus wat God op die aarde gesit het, kan mens maar net in
               diepe ontsag buig en dankie sê vir Sy bemoeienis met die kerk en die lidmaat. God het presies
               geweet wat in die sewe gemeentes aangaan en vir elkeen beskryf Hy die goed en die sleg.
               Sekerlik weet God vandag ook wat in elke gemeente aangaan, want as die hare op elkeen van
               ons koppe getel is, waarom dan nie die toestand van elke gemeente nie? En die lidmaat, sit
               hy of staan hy? Die Here weet dit ook!
               Wie En Wat Is Die Kerk Se Boustene – Lidmate?

               Natuurlik is die kerk niks anders as die lidmate nie. 'n Kerk sonder lidmate is ongelukkig ook
               nie  'n  kerk  nie.  'n  Kerk  met  passiewe  lidmate,  of  anders  gestel,  sonder  aktiewe  en
               meelewende lidmate is ook nie 'n kerk nie. Vandag se dae is die grootste klaaglied dat mense
               nie met die leraar oor die weg kom nie, of nie met hom saamstem nie. Hierdie gaan selde oor




               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    156
   151   152   153   154   155   156   157   158   159   160   161