Page 154 - Getroud met 'n Leuen
P. 154
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
die dinge is 'n goeie teelaarde vir kindskap van Jesus nie. Meer belangrik is die feit dat ons
totaal uit die oog verloor dat alles wat ons najaag in elk geval aan die Here behoort. So dit laat
ons net twee roetes in die lewe, die een deur die wil van God te gehoorsaam en die ander is
die najaag van die goed buite die wil van die Here. Die ironie is dat sonder die wil van die Here
'n mens heel waarskynlik meer kan oes hier op aarde, maar met baie minder by die
oordeelsdag kan opdaag. Dit is die siekte en keuse van die lidmate van die kerk.
Ons sogenaamde gejaagde lewe maak dat ons nie tyd het vir die dinge van die Here nie, en
ook nie vir Sy Kerk nie. As jy aardse besittings het, of jy bedrieg jouself om te dink jy het aardse
besittings want jy het vergeet dit behoort aan God, dan is dit mos maklik om te vergeet dat jy
God in jou lewe nodig het. Straf die Here jou om jou te laat omdraai, dan kan ons nie insien
dat dit is wat die Here doen nie. Dit is baie makliker en blameer die Here, of nog makliker om
weg te draai van God af omdat dit lekker maklik is. As 'n mens gedink het die Here sal jou met
'n weerlig straal tref om jou in jou spore te stuit, dan maak jy 'n reuse fout. Wat is die mens
dat die Here Hom met die mens sal bemoei? Vir dieselfde rede gee die Here elke mens die
reg en verstand om sy eie keuses uit te oefen, keuses soos om na Sy wil te vra, om 'n aktiewe
lidmaat van 'n kerk te wees, om op 'n Sondag die Here te dank vir die week deur na Sy huis te
gaan en om van die baie wat Hy aan jou gee, vir die Kerk te gee. Toe koning Dawid middele
vir die bou van die tempel moes insamel, het God aan hom gesê om vir die mense te sê om
terug te gee aan die tempel van die baie wat God vir hulle gegee het.
Dink ons dat dit net materiële dinge is wat God uitdeel? Of is dit ons gesondheid, of die feit
dat ons gesond geword het, of ons verstand, of ons denke, of ons talente, of oë, of ons
versorging wat ons so mildelik uit Sy hand aanvaar? Hoeveel van ons is daar wat ons lewe vir
die Here sal aflê? Baie van ons, as ons hoor van Jesus wat aarde toegekom het om vir ons
vergewing van sondes te sterf, sê “Ah, dis cool”. Elke mens wat nie met skuld en diep hartseer
gevul word elke keer as ons van Jesus se kruisiging lees nie, moet ontsettend diep gaan
selfondersoek doen, en ernstig vra of hy bereid is om te sterf vir Jesus. Daar is altyd 'n
keerpunt waar mens moet gaan stilstaan en diep dink en dan 'n besluit maak. Die besluit is
relatief maklik, maar die doen deel is moeiliker en as dit die doen deel is soos Paulus beskryf,
dan nog moeiliker.
1 Johannes 3:7-8 sê niemand moet ons mislei nie. Die klem lê op ‘niemand’ nie. Wie regverdig
lewe, is regverdig soos Hy regverdig is; wie aanhou sonde doen, behoort aan die duiwel, want
die duiwel hou van die begin af aan met sonde doen. En die Seun van God het juis gekom om
die werk van die duiwel tot niet te maak. Tweelediglik kyk ons na hierdie verse en ons sien
wat beteken die doen-deel in ons gees en ons lewe, en ook vertel dit vir ons waar pas die
toksiese verhoudings in as dit aanhou en aanhou om onregverdig te wees. Maar as mens dit
baie fyn analiseer, dan kan elke aksie in ons lewe afgebreek word in die elementêre
rekenaargrepies van aan en af, 0 of 1 en dit sê daar is niks grys nie OF ons dit so wil sien is
natuurlik 'n ander saak, maar hier gaan Johannes aan in verse 9-10: Iemand wat 'n kind van
God is, doen nie meer sonde nie, omdat die Gees van God in hom bly; en hy kan nie meer
sondig nie, omdat hy uit God gebore is. Hieraan is dit duidelik wie kinders van God is en wie
kinders van die duiwel is: iemand wat nie regverdig lewe nie en nie sy broer liefhet nie,
behoort nie aan God nie.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 154