Page 153 - Getroud met 'n Leuen
P. 153
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
heers en waghou. As die Here sê dat geen jota of tittel van die Woord sal verander nie, dan is
die logiese gevolgtrekking dat ons dit mis gekry het toe ons besluit het die Here het geen erns
met sy Kerk nie. Die tabernakel was die Geloofsplek van die Israeliete tot en met Koning Dawid
se laat jare toe die Here God vir hom die nuwe stel instruksies gegee het van hoe die tempel
moet lyk. Weereens het hy die fynste details deurgegee, selfs gesê dat koning Dawid se hande
het te veel bloed opgehad, geen moeite is ontsien nie. Die Here het selfs die wysheid van die
ambagsmanne gegee, is dit nie ongelooflik nie? Is dit nie uiters belangrik vir ons nie?
Koning Dawid het al die materiaal bymekaar gemaak om dit vir Salomo te gee om die tempel
te bou. Kyk ons na ons mense in die dag en datum, dan kan ons ook sê dat ons voorgeslagte
die materiaal gegee het om ons kerke hier te bou. Hier in die deel van die wêreld, maar eintlik
reg oor die wêreld waar Christene eens gereeld die kerkklokke gehoorsaam het. Dit is
hartseer. Maar die pragtige tempel het sy gloriedae gehad, selfs die Here het dit bewoon
omdat dit Sy eerste vaste woning op aarde was. En solank die landsburgers die Here van die
tempel aanbid het, het dit goed gegaan met die land. Maar uiteindelik val Salomo en die
bedoeling van God met sy tempel raak vaag. Daarna was daar goeie tye en slegte tye totdat
die tempel verwoes is en afgode meer pertinent geword het en uiteindelik word die Israeliete
reg oor die wêreld verban en ander heidense magte kry beheer oor Jerusalem. Dinge lyk
voorwaar donker en duister, maar God sluimer of slaap nie, en Jesus kom aarde toe om weer
sin te bring.
Ja, Jesus kom aarde toe vir jou en vir my. Dit was 'n skrale 2021 jaar gelede. In terme van tye
is dit byna niks. Hy kom aarde toe om Sy Kerk hier op aarde te kom vestig Die eerste woorde
oor dié kerk is in Mat 16:18 waar Jesus vir Petrus sê hy is die rots waarop die kerk gebou sal
word. En die kerk sal vir ewig wees. Dan sien ons dat Saulus probeer om die jong kerk uit te
roei, maar God is in beheer. Die einste Saulus word verander in die man wat die Here gebruik
om die Nuwe Testament amper eiehandig te skryf. Dis ongelooflik!
Meeste van ons ken die kerkgeskiedenis, van Paulus se sendingreise tot by Calvyn en Luther
tot by die kerk van vandag. Maar dit het alles begin by Jesus wat hier op aarde kom sterf het
vir ons sondes. Met dit word bewaarheid die verbond wat die Here met vader Abraham gesluit
het, en nou kan sy kinders so baie as die sterre aan die hemel word. Maar dit gaan nie maklik
wees nie. Die heidene moet eers bekeer word en die kerk van die Here moet eers gevestig
word. Paulus begin sy sendingreise en die Here help die apostels om die Woord te verkondig.
Groot getalle kom tot bekering en baie huisgemeentes word gestig. Die mense het 'n begeerte
gehad om die Woord te versprei. Selfs al het dit beteken dat hulle geslaan word, in tronke
gegooi word en self doodgemaak word. Waar staan ons in die ry, hoeveel van ons sal
doelbewus van die Here praat tussen 'n klomp mense? Selfs in hierdie tye waar die Westerse
wêreld veronderstel is om 85% christene te bevat, in ons land so hoog as 90%.
In Paulus se tyd kan mense sê dit was 'n nuutjie. By gebrek aan iets beters, so glo party, was
dit maklik om oortuig te word. Maar ons moet onthou dat dié mense het nie 'n Bybel gehad
nie, hulle het nie TV gehad nie, nie satelliete en kommunikasiemiddele soos ons het nie. Maar
hulle het 'n wil en dringendheid gehad omdat bekering 'n sekere vrede gebring het. 'n Vrede
wat alle verstand te bowe gaan. Dié vrede was nie versteur deur die afskuwelike obsessies
van ons tyd om alles wat ons het te gooi na rykdom, roem, eer en verslawing nie. Nie een van
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 153