Page 149 - Getroud met 'n Leuen
P. 149

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               U is die enigste hoop.
               Bekeer my van sondes en verkeerde dinge.
               Moenie dat ek aardse goed najaag en my siel verloor nie.
               Dan kan ek nie kla nie as ek nie my mond kan
               oopmaak en van U getuig nie, want U soek my siel.
               Neem tog weg die smart van sielsverlorenheid in my!
               Die druk wat die Heilige Gees op my lê, laat my steier.
               As U ’n mens se siel wil hê, wil hê hy moet die sonde los,
               verteer U hom en die aardse goed wat hy begeer,
               soos ’n mot wat klere verteer.
               Daar is geen twyfel nie: Elke mens se siel gaan heen
               na die hemel of na die hel!
               Verhoor tog my gebed, Here!
               Hoor my smekinge om redding!
               My trane is opreg in berou.
               Want ek is net op u verlossing aangewys;
               U alleen kan my red, soos vir al u kinders voor my.
               Red my siel sodat ek weer ware vreugde kan ervaar
               voordat ek in vrede sterf en vir ewig in die hemel leef

               Die Psalms is ongelooflik!. Hulle is almal in smart verwerk vir ons tyd en dag en hoe wonderlik
               is hulle nie. Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus, ook
               wanneer dit vrot en ellendig gaan. Nou praat Paulus oor die aardse verhouding tussen man
               en vrou. Ons weet nie presies hoe dit in die Bybelse jare gegaan het met verhoudings tussen
               man en vrou nie. Die opset was baie anders, vrouens het nie veel regte gehad nie en hulle
               huwelike was meesal vooruit gereël, maar daar was baie suksesvolle huwelike. Dink net wat
               sou in ons hardkoppige nasie gebeur het as huwelike vooruit beplan is, die skeisyfer sou beslis
               verdubbel het, maar daar is ook meer duistere redes soms binne huwelike. Paulus sê dat mans
               aan Jesus onderdanig moet wees, maar min van ons verstaan regtig wat dit beteken en hy sê
               vrouens moet aan hulle mans onderdanig wees en net daar slaan die emansipasie Paulus se
               stelling vir 'n ses. In vandag se lewe kan weinig vrouens onderdanig aan 'n man wees nie, dis
               net nie die inding nie. Eintlik is dit 'n Christen vraag aan elke mens wat regtig aan God behoort.
               Hierdie ‘onderdanig’ beskryf Paulus spesifiek as hy sê die man is die hoof van die vrou net
               soos Christus die hoof van die kerk is. Nou lê die volgende vraag aan die wortel van die
               vallende boom, is die kerk nie ook in die greep van verval net soos die huwelik nie? Die rede
               is  voor  die  hand  liggend,  as  Christus  nie  die  hoof  van  die  kerk  is  nie,  en  die  man  is  nie
               onderdanig aan Hom nie, en die vrou is nie onderdanig aan die man nie, dan is die Bybel en
               die Woord van God ook nie meer geldig in vandag se tye nie. Maar God sê geen jota of tittel
               van die Woord van God sal verval nie. Daarom is dit kardinaal belangrik dat beide Christen
               mans en Christen vrouens baie diep moet besin en duidelikheid kry en groot moet belê in die
               ware betekenis van ‘onderdanigheid soos God wou hê ons moet leef’’. In wese gaan dié storie
               oor die huwelik in dieselfde trant van: Mat 12:25 ..en geen stad of huis wat onderling verdeeld
               is, sal staande bly nie. As die huis in homself verdeeld is oor die verkeerde interpretasie van





               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    149
   144   145   146   147   148   149   150   151   152   153   154