Page 146 - Getroud met 'n Leuen
P. 146

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               eintlik  baie  maklik, word nie  vervolg  nie  en daar  is  geen beperking op  kerk  toe  gaan  nie
               behalwe miskien vir Covid wat die getalle beperk. Deur Christus het ook ons deel geword van
               die volk van God toe ons die waarheid gehoor het en tot bekering gekom het. Bekering is die
               voorloper van wedergeboorte. Baie keer hoor ons in die Bybel dat ons iets moet doen, die
               doen is die opdrag: “bekeer julle.” Ja, draai weg van die sonde, sweer dit af en begin 'n nuwe
               lewe, die oue kan net nie meer bestaan nie. Jesus se: “As julle julle tog net wil bekeer..”

               Efesiërs gaan voort deur te sê dat ons dood was as gevolg van ons oortredings en sondes.
               Hoofsaaklik is ons oortredings geskoei op die verbuiging van die tien gebooie. Ons het gelewe
               soos hierdie sondige wêreld, deur ons sondige begeertes oorheers en gedoen net waartoe
               ons luste ons gedryf het, of wat ook al in ons gedagtes opgekom het. Onomwonde sê Paulus
               dat by gelowiges is daar nie sprake van ontug nie, onsedelikheid in enige vorm, of gierigheid
               in al sy vorme nie; gierigheid is afgodery. Growwe, ligsinnige of vuil praatjies pas nie by kinders
               van die Here nie. Almal wat deel het aan sulke goed, het nie deel en kan nie deel hê aan die
               koninkryk van God nie. Dank aan God pas by kinders van die Here. As julle kwaad word,
               moenie sondig nie en moet 'n dag nie kwaad afsluit nie. Moenie julle laat lei deur die vors van
               die onsigbare magte nie, die gees wat daar nou aan die werk is in die mense wat aan God
               ongehoorsaam is.

               Verder sê Paulus julle is nou een met Christus, julle wat vroeër ver van God gelewe het, het
               nou naby gekom deur Jesus se bloed. Iemand het geskryf dat die kind van die Here se lewe so
               eenvoudig moet wees dat dit nie net altyd moontlik moet wees om Jesus saam met jou te
               neem nie, dit moet onmoontlik wees om Jesus nie elke oomblik van jou lewe met jou saam te
               neem nie. Die vraag is of dit moontlik is om naby aan Christus te kom as pornografie, vuil
               grappe, 'n gefuif, geskinder, selfsug, eiebelang, dominansie, verslawing aan jou werk of roem
               of eer of geld alles deel van jou dag is nie. Meeste van ons, behalwe hulle wat persoonlikheids
               versteurings het, weet immers wat ons swakhede is en moet dit by die kruis neerlê. Die lewe
               het sy kinkels, en genade en geloof is wat jou deur hierdie duister dinge sleep as jou kragte
               nie meer daar is nie. Wat weerhou jou daarvan om in al hierdie versoekings te verval omdat
               die lewe jou hard geslaan het, of dalk moed opgee en die Here blameer? 'n Kind van die Here
               klou aan sy verhouding met Hom al storm die water oor sy kop, want die Here bepaal sy pad
               en die Here is ryk aan genade en Hy is ons vrede.

               Efesiërs  sê  dat  toe  Hy  gekom  het,  het  Hy  die  goeie  boodskap  van  vrede  gebring:
               vredesboodskap vir ons wat ver van God is en vrede vir ons wat naby aan God is. Paulus doen
               twee gebede in Efesiërs. Die eerste gebed dank hy God vir die gelowiges en bid hy dat God,
               die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan ons wysheid gee en dat Hom so
               sal openbaar dat ons Hom werklik sal ken. Dit is werklik 'n diep geestelike gebed en een
               waaraan ons gerus baie aandag moet gee. Hy bid verder dat ons geestes oë so sal verhelder
               dat ons kan weet watter hoop sy genade inhou, en watter rykdom daar is vir gelowiges in Sy
               heerlike erfenis, sy ewige erfenis. Dink aan hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in
               ons wat glo. Hierdie krag wat Hy uitoefen in ons lewe, is dieselfde krag wat Hy uitgeoefen het
               toe Hy Jesus uit die dood opgewek het. Jesus het na Sy opstanding al die mag van sy Vader
               verkry om te heers oor hierdie aarde en alles buite hierdie aarde tot in lengte van dae. God
               het alles aan Hom onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk.




               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    146
   141   142   143   144   145   146   147   148   149   150   151