Page 143 - Getroud met 'n Leuen
P. 143

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               Dan sien ons later dat die Here saam met Abraham na Sodom en Gomorra staan en kyk.
               Abraham  smeek  by  die  Here  om  die  stede  nie  te  verwoes  nie,  selfs  al  is  daar  net  tien
               regverdiges te vinde. Die Here kon egter nie tien regverdiges vind nie! Die oorheersende
               sondes was afvalligheid, seksuele losbandigheid en homoseksualiteit. Dit was die saamgaan
               met die stroom van die tyd wat die verval aangeblaas het. Daar was nie die wil om God voorop
               te stel nie, dit het materieel te goed gegaan met die twee stede. En dan soms kry ons ook 'n
               geleentheid soos wat Lot gekry het. Daar was 'n keuse te make, gehoorsaam God en bly leef,
               of volg jou eie wil en betaal die prys.

               Ons moet egter 'n tree terug stap en onthou dat die Here 'n verbond met Abraham gesluit
               het. Die Here het so goed geweet dat die mens nie met Hom 'n verbond kan sluit en daarby
               hou nie, dat Hy vir Abraham aan die slaap gemaak het en toe die verbond gesluit het. Toe
               Abraham wakker word, was die verbond reeds gesluit. As ons die woorde van die Here vir ons
               tyd aanpas soos in Genesis 15:5-6 dan lui dit as volg: Die Here het jou buitentoe laat gaan en
               vir jou gesê: ”Kyk op na die hemel en sien waar Ek woon en waar jou ewige tuiste is.” Verder
               sê die Here vir jou: “So groot soos die uitspansel is, so groot sal jou hemelse seëninge wees as
               jy My ten volle dien, in My glo en My liefhet.” Die storie gaan verder om te sê dat Abraham
               toe in die Here geglo het, en die Here het dit goed gevind dat hy so volgens die wil van die
               Here gehandel het. Dit is ook ons geloofsverbond van ons lewe, en die kern van ons lewe by
               Hom.

               In Jesaja 30 lees ons “Tog is die Here gretig om julle genadig te wees en wil Hy Hom oor julle
               ontferm: Die Here is 'n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom
               vertrou.” So graag wanneer ons die Bybel lees, wil ons in al die dele, waar die Here oor seën
               praat, 'n aardse of finansiële soort seën daarin lees. Die mees misbruikte vers in die Bybel is
               waar die Here sê: “As julle glo sal julle alles ontvang wat julle in die gebed vra” Mat 21:22. Dit
               is egter meesal van geestelike seën wat daar gepraat word. Dit wys ons daarop hoe oneindig
               belangrik dit is om in 'n verhouding met die Here Jesus te lewe. Psalm 127:2-32 ....vir die wat
               Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap. Daar is nie veel plekke in die Bybel waar van seën
               met materiële dinge gepraat word nie, sonder dat daar spesifieke voorwaardes gestel is nie.
               Wat wel waar is, is dat ons hemelse Vader weet wat ons nodig het nog voor ons daarvoor vra
               Mat 6:33. Ons pad is immers biljoene jare gelede reeds bepaal.


               PITKOS 127*
               As die Here nie ...
               As die Here dit wat ons doen nie bestuur nie,
               is ons moeite tevergeefs.
               As die Here ons siel nie beskerm nie, sal die Bose dit inneem.
               Tevergeefs is julle so besig, van vroegoggend tot laatnag,
               met die dinge rondom die Here.
               Maar vir hulle wat Hy liefhet, gee Hy alles in hulle slaap.
               Om kinders van die Here te word, is genade van die Here;
               die vrug van sy bekering lei tot wedergeboorte.
               Soos skatte in ‘n skatkis, so is gelowiges vir die




               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    143
   138   139   140   141   142   143   144   145   146   147   148