Page 145 - Getroud met 'n Leuen
P. 145
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
ons wysmaak dat die Bybel in die Nuwe Testament amper soort van waarborg dat ons die
ewige lewe sal beërwe. Helaas maak ons 'n reuse fout. Net soos 'n suksesvolle huwelik nie
sonder moeite bedryf word nie, net so sal die Koninkryk van die Here nie moeiteloos beërwe
word nie. Paulus sê op vele plekke dat redding is deur genade alleen, vir hulle wat God dien.
Die boek Efesiërs is 'n ongelooflike boek oor die lewe. Dink net hoe wonderlik is dit as Paulus
sê dat God, die Vader van ons Here Jesus ons geseën het in Christus met al die seëninge van
die Gees wat daar in die hemel is. Dit is net te ontsaglik om te begryp. Dit is ons
lewensverbond met die Vader as Hy ons, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus
uitverkies het om heilig en onberispelik voor Hom te wees. Kan ons heilig en onberispelik
wees as ons nie die Woord ten volle leef nie. Kan ons in vandag se tyd heilig en onberispelik
leef as ons saam met die huidige tendense en waardes gaan en nie die moed het om teen dit
op te staan en teen die stroom op, God se wil ten volle leef nie. Is dit nie so dat ons huidige
tyd bepaal dat ons nie standpunt inneem nie, nie teregwys nie, nie dissiplineer nie maar
eerder die middeweg van assosieer, aanvaar en goedkeur volg nie? Nêrens in die Woord het
Jesus ooit toegegee of toegewings gemaak nie! In Lukas lees ons dat iemand vir Jesus gevra
het of die wat gered word, min of baie is. Sy antwoord was eintlik 'n skok, want Hy sê dat ons
al ons kragte moet inspan om by die smal deur in te gaan, want baie sal probeer om in te
gaan, maar sal dit nie regkry nie. Ewe eens sê Jesus dat as iemand sy lewe vir homself wil
behou, sal hy dit verloor; maar wie sy lewe vir My en die evangelie verloor, sal hy dit behou.
Wat help dit tog om die hele wêreld as wins te verkry en dan sy lewe verloor? Waarlik is dit
so dat jy al die aardse genot kan geniet vir die paar jare op aarde, maar tot in alle ewigheid in
die helse vuur verbrand. Kan iemand homself indink hoe lank die ewigheid is, en dink aan
Lasarus en die ryk man wat so dors is as hy met vader Abraham praat!
In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, reeds aan die begin van tye bestem
om deur Jesus Christus sy kinders te wees. Sy kinders ja, maar as ons na die tien meisies dink
wat vir die bruidegom wag, dan kan ons al die dom dinge doen soos die vyf onverstandige
meisies en vergeet van die verstandige meisies se lewensbesluit om die Bruidegom te
ontmoet. Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in sy Geliefde vrylik
aan ons skenk. Dit kom totaal verniet, ons moet niks anders doen nie as om gehoorsaam te
wees. Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en ons sondes is vergewe. Ek dink ons kyk mis
die kruisiging van Jesus. Ons wil nie daaraan dink waardeur Jesus gegaan het nie, die smaad
en hoon en pyn en aanranding en lyding en dit aan 'n Koningskind. Ons wil nie hoor dat hierdie
Jesus dit alles vir elkeen van ons deurgemaak het, dat God dit beplan het om sy Seun te laat
sterf vir ons verlossing en nou is die groot vraag: as hy sy Seun nie ontsien het nie, waarom
sou hy ons ontsien as ons nie aan Hom gehoorsaam is nie, as ons nie dieselfde hoeveelheid
toewyding en liefde vir Hom het nie? Hierdie feit is die fokuspunt van waarheid, waarheid om
vir Hom te leef of om om te draai en te vergeet.
Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit vooruit bestem het. In die
tyd van die Efesiërs was elke bekeerling deel van die uitgesoektes om die Woord heel eerste
op aarde aan te neem. Hulle het nie Bybels soos ons gehad nie en ook nie pastore, dominees
en priesters wat aan hulle alles kon uitlê soos ons dit vandag het nie. Tans is daar maar relatief
min mense op aarde wat kan sê dat hulle nog nie van die Here gehoor het nie. Ons het dit
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 145