Page 148 - Getroud met 'n Leuen
P. 148
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Christus gehoorsaam te maak”. Moenie dat iemand julle met allerlei onwaarhede mislei nie,
want daardeur kom die straf van God oor die mense wat aan Hom ongehoorsaam is. Met
sulke mense moet julle niks te doen hê nie. Leef dan as mense van die lig want uit die lig kom
alles voort wat goed en reg en waar is. Vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik
is, en moenie meedoen aan die vrugtelose praktyke van die duisternis nie, MAAR stel dit
eerder aan die kaak. Alles word aan die kaak gestel wanneer die lig daarop val. Eintlik kon
Paulus vandag gelewe het en vandag vir ons die volgende vers geskryf het: “Wees versigtig
hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste
gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Moet daarom nie
onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.“
Dis asof dit vandag vir ons geskryf is, hier in 2021 en in hierdie Covid tyd waar ons vergeet het
wie ons Skepper is en wie ons Bewaker is. Moet julle nie aan drank, dwelms, sosiale media en
vals beriggewing te buite gaan nie, nog minder verslaaf wees aan selfone en tablette en raak
ontslae van julle gods water oor gods akker houdings. Dit bring net ellende maar laat die Gees
julle vervul en sing onder mekaar psalms en lofgesange. Ja luister na die verwerkte Psalm 39:
PITKOS 39*
Mens kan nie stilbly oor die Here
nie, daar is verlossing by Hom
Ek het gesê: “Ek wil sorgvuldig
let op my lewe en nie sondig met wat
ek sê nie. Ek sal versigtig wees
om nie saam te praat in die teenwoordigheid
van mense wat U nie liefhet nie.”
Maar toe ek daar in stilte
bly staan en nie toegelaat is om oor goeie
dinge van U te praat nie,
het my ontsteltenis groot geword.
Dit het in my begin kook.
Ek kon nie stilbly nie, ek moes met U praat.
Here, laat my besef dat my einde
aan die kom is.
Dat die getal van my lewensdae aan die uitloop is.
Laat my besef dat die tyd om my lewe aan U te wei
al minder word.
Kyk, U het vas bepaal hoe lank my aardse lewe is.
In u oë is my lewensduur byna niks,
U alleen bind ons siel aan die ewige lewe.
Die ongeredde mens
is net ’n bewegende skaduwee.
Al sy gejaagdheid is tevergeefs:
Hy versamel aardse rykdom,
maar weet nie wat daarvan gaan word nie.
Here, is daar nog hoop vir ons?
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 148