Page 150 - Getroud met 'n Leuen
P. 150

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               wat onderdanigheid is, hoe kan hy staande bly? Ek is baie seker dat Jesus wat dit gesê het, dit
               ook direk op ons huis van toepassing maak, ons huis en ons verhoudings binne die huis.

               Efesiërs 5:33 verduidelik dat daar 'n nou verband bestaan tussen hoe God die kerk lief het, en
               ho die man sy vrou moet lief hê soos hy homself liefhet, en 'n vrou moet aan haar man eerbied
               betoon. Die eerbied gedeelte is natuurlik totaal afwesig in 'n  toksiese verhouding, maar ons
               moet die inhoud van die woord ‘eerbied’ in hierdie konteks sien as 'n Goddelike eerbied en
               nie  ons  normale  verstaan  van  die  woord  eerbied  nie,  dit  is  baie  meer  spesiaal.  Die
               huweliksverhouding  loop  gewoonlik  uit  op  die  geboorte  van  'n  kind  of  kinders  binne  ‘n
               huwelik. Daar is 'n gesegde deesdae wat sê ouers moet gesien word en nie gehoor word nie.
               Maar die Woord sê baie duidelik: “Kinders wees aan julle ouers gehoorsaam, want die tien
               gebooie sê eer jou vader en jou moeder en dit is wat God van ons vereis.” Natuurlik kan dit
               nie gebeur as die ouers nie kinders binne 'n verhouding met God grootmaak nie, en nog
               minder as die ouers die vervalle norme van die samelewing rondom hulle as die maatstaf
               toepas. Dit is niks anders as groepsdruk wat op ouers toegepas word nie en geniet satan dit
               nou nie baie nie! Vaders moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie (
               eintlik sê dit ouers julle moet die voorbeeld stel in handel en wandel) MAAR maak hulle groot
               met tug en vermaning soos die Here dit wil.

               En dan, om op te som, kom Paulus in Efesiërs met die wapenuitrusting wat ons nodig het vir
               die lewe. Dit is nie  toksiese geweld, of skinder, of arrogansie, of eiewaan, of verhewenheid,
               of eiebelang, of baasskap, of geld, of roem, of eer, of belangrikheid, of beter as ander wees
               nie, maar soek julle krag in die Here en in sy groot mag. As jy daaraan twyfel, gaan skryf neer
               al jou seëninge, hou 'n joernaal van al die wonderlike dinge wat in jou lewe plaasvind en gaan
               terug en lees dit in tye van swaarkry. Die duiwel wil hê jy moet jouself met anders mense se
               ‘beter’ vergelyk! Nee, trek die volle wapenuitrusting aan wat God ons gee, sodat ons op ons
               pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. Weereens moet ons tyd maak om die
               volgende in te drink en vas te lê en te verstaan: “Ons stryd is nie teen vleis en bloed nie, maar
               teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose
               gees in die lug.” Dink net hoe belangrik is dit as selfs Jesus in sy modelgebed (die Onse Vader)
               vir ons leer om te bid en te vra dat God ons sal verlos van die bose, ja, laat ons nie in die
               versoeking kom nie, maar vermy die versoeking deur hom in die kiem te smoor.

               Ons moet die stryd voer tot op die einde toe sodat ons nog staande kan wees op ons pos.
               Jesus sê dat elke mens sal sy knie voor Hom kom buig. Dit is so, maar meer belangrik is die
               feit dat al jou aardse ondersteuning, hetsy familie, vriende, mense, geld, roem, drank, dwelms
               en belangrikheid beteken absoluut niks nie wanneer jy jou knie buig voor die ontsaglike God.
               Niemand en niks van al die aardse verheerliking en aansien sal daar saam met jou staan nie,
               net jy EN let wel; net JY. Dink nog 'n keer daaraan, nie 'n groot huis, tien plase, 5 spogkarre, 2
               miljoen Instagram volgers, of die rykste mens op aarde sal jou help nie, net 'n lewe wat goed
               geleef is in die dinge van God, gaan op daardie oomblik die verskil wees tussen die ewige lewe
               of die hel. Dit is soos rekenaars se grepe, 'n nul of 'n een, niks anders nie en dit strek nie oor
               tagtig jaar op aarde nie, dit strek tot in ewigheid. As ons reken daar is gesteentes op aarde
               wat 5000 miljoen jaar oud is of ouer, waar gaan jou ewigheid wees vir die volgende 50000
               miljoen jaar? Maar daar is hulpmiddels vir ons om die goeie stryd te voer tot op die einde:




               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    150
   145   146   147   148   149   150   151   152   153   154   155