Page 155 - Getroud met 'n Leuen
P. 155
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Ons sondigheid kan uiters beklemmend wees, en by tye kan ons ook soos die dissipels uitroep
en vra ‘wie kan dan gered word?’ Die hoofsaak is nie dit nie, maar dat ons liefde moet nie net
woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid.
Hierdeur kan ons ook te wete kom dat ons aan die ware God behoort en kan ons ons gewete
voor Hom tot rus bring...want die duisternis is aan die verbygaan, en die ware lig skyn alreeds.
Wie En Wat Is Die Gemeente As Liggaam.
In Mat 18:15-17 praat Jesus oor ons pligte teenoor ons geloofsbroers en susters, en sê Hy ons
moet diegene aanspreek wat verkeerd doen, en as hulle nie luister nie, moet ons dit vir die
gemeente sê. As hy ook nie na die gemeente luister nie, moet julle hom as 'n heiden en
tollenaar behandel. Ja, 'n heiden wat beteken hy is sonder God en 'n tollenaar wat beteken
hy het gesteel van die gemeente, en dus van God, hy het ingeoes waaraan hy geen deel van
die begin af gehad het nie.
Die Here het net mooi nêrens in die Bybel gesê dat gemeentes nie belangrik is nie. As die kerk
vir Hom so belangrik was, hoe sal die gemeente en die lidmaat dan nie belangrik wees nie?
Reg deur die Nuwe Testament lees ons telkens dat die gemeente vir mense gebid het. Toe
Herodes vir Petrus in tronk gegooi het, het die gemeente aanhoudend vir hom gebid en ons
weet hoe wonderbaarlik die Here hom daar laat uitkom het. In Hand 13:2 en 3 is die gemeente
bymekaar om die Here te dien, te vas en te bid en die Heilige Gees praat met hulle. Hoeveel
keer kom ons spontaan bymekaar om die Here net te dien en te bid en om Hom te geniet?
Vir meeste van ons tyd is dit 'n pligsbesef en vir baie ander net plein moeite of sinneloos. Wie
bid nou in hierdie dag en datum, en wat kan God in elk vir my doen?
Maar die Here het die gemeentes opgebou. Hulle het ouderlinge gekies, wat gevul was met
die Heilige Gees, en die gemeente het vir hulle gebid en hulle is opgedra aan die Here. In ons
tyd kan die gemeente nie genoeg skinder oor die ouderlinge wat verkies is nie, en dit omdat
die gemeente nie genoeg omgegee het vir die saak van die Here toe hulle vir die ouderlinge
moes bid nie. Dit maak beide partye skuldig, aan die eenkant omdat die ouderling vir die
verkeerde redes verkiesbaar is en aan die anderkant omdat daar nie geloofs samehorigheid
by die gemeente is nie. Dit is baie strydig met wat Hand 20:28 sê: “Pas julle self op en die hele
kudde wat die Heilige Gees onder julle sorg geplaas het. Soos wagters 'n kudde versorg so
moet julle die gemeente van God versorg wat Hy vir Hom verkry het deur die bloed van sy eie
Seun”. Nou kan mens weer na die gemeente kyk en vra of dit 'n goedkoop instelling is?
In ons tyd kyk ons na die lewe met Bybelose oë. Ons wil ons beroep op alles wat goed is in die
Bybel, maar ons wil niks hoor van tug en wat verkeerd in ons lewens is nie. Die preekstoele
verkondig mos dat ons alles vergewe sal word al maak en doen ons ook wat. Die dreigemente
van gemeentelede is aan die wortel want elke keer dreig hulle om 'n ander kerk te soek, weg
te gaan of om hulle geld te weerhou. 1 Kor 5-13 vertel ons dat ons nie moet omgaan met
mense wat sê hulle is gelowig nie, maar dan onsedelik is, of gierig is en dus afgode dien nie,
of kwaad praat of 'n dronkaard is of 'n bedrieër is nie, met so 'n mens mag nie eens saam ge-
eet word nie. Dit is die realiteit van die kerk/gemeente en dat die Woord sê ons het harde
keuses om te maak in ons lewe met God, in ons erns met God. Sou God regtig sy Seun ter
dood veroordeel en nie vir ons nie? Die laaste vers beveel ons om oor ons eie mense in die
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 155