Page 160 - Getroud met 'n Leuen
P. 160
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
se ideale pasmaat te wees en uiteindelik 'n goeie lidmaat te wees. Die kerk kan nie vir 'n beter
lidmaat vra nie!
As dit voel asof die gemeente nie ooit 'n beter lidmaat kon gekry het nie, OF as dit voel asof
die kerk die gelukkigste kerk op aarde is om so goeie lidmaat te ontvang het OF as dit aan die
begin gevoel het of die man/vrou nie genoeg kon belangstel in die kerk se doen en late nie,
dan moet die gevaarligte begin flikker, veral as die intense belangstelling en vrae na 'n tyd
begin kwyn.
Die tweede fase is gewoonlik ook die fase wat die langste aanhou. Dit is die fase wat begin
nadat die lidmaat dink of besef dat hy die gemeente vasgevang het. Dit begin gewoonlik 'n
tyd nadat hulle 'n bietjie nou betrokke was by van die gemeente aktiwiteite, en veral 'n bietjie
geld aan die gemeente gespandeer is. Dit is die ankerpunt waar die toksiese lidmaat besluit
dat daar nie meer omdraai kans is vir die gemeente nie. Dit is verstommend hoe plotseling
die tweede fase kan begin.
Dit is hierdie fase waar die lidmaat sy ware kleure begin wys. Vir die verborge lidmaat is dit
nie 'n gegil en geskree nie, want in wese is hy/sy 'n lafaard. Dis die fase waar die subtiele
geskinder en verdagmakery begin. Dit is die fase waar die subtiele weggooi van die roetines
begin. Binne die kwessie van 'n kort tydjie is die model lidmaat wat aan die begin by die kerk
opgedaag het, net 'n damp van wat eens op 'n tyd in die gemeente geleef het. Dit is die fase
waar die subtiele afkraking van die kerk en gemeente begin en die afbreek van die kerk,
kerkraad en gemeente se karakter en norme. 'n toksiese lidmaat kan 'n wyk in totaliteit
vernietig nadat die hy dit binnegedring het net om die kerk te na te kom.
Die verhouding is nou ‘n totale klug met eienskappe soos:
• christelike vaagheid of afwesigheid.
• net die toksiese lidmaat bestaan, die kerk is niks.
• die verhouding het geen balans nie, dis eenrigting bestaan vir die toksiese lidmaat en
die kerk moet net dienste verskaf.
• gedurige subtiele, neerhalende en snedige kommentaar en nog baie meer.
Die derde fase is die ‘weggooi’ fase. Dit is die fase waar die toksiese lidmaat feitlik al sy
karaktertrekke gewys het binne die verhouding en nou begin hulle met die kerk te speel. Nie
speel in die sin van 'n goeie spel nie, maar 'n kerklik afbrekende en gemeente verwoestende
spel waarin hulle die kerklike perke van tug en verdraagsaamheid toets tot die uiterste. Die
kerk word opgestel om foute te maak of word bloot valslik beskuldig en kopskuddend
veroordeel in stilte of agterbakse maniere.
Die toksiese lidmaat is nou in sy element want hy het genoeg skietgoed om te regverdig
hoekom hy nie meer kerk toe kom nie, of hoekom hy nie finansieel meer bydra nie of hoekom
hy nie meer betrokke is by die gemeentelike aktiwiteite nie. Gewoonlik sal so 'n toksiese
lidmaat ook heelwat meelopers hê, en die kerk moet nou sy fokus begin wegskuif van die
Woord verkondig, na skadebeheer en/of die oplossing van finansiële probleme wat nou
opduik, ensovoorts. Die toksiese lidmaat is nou in sy element, want hy het gekry wat hy wou
hê. Sy redes is duister, want niemand het iets bereik nie behalwe vir 'n groot hoop
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 160