Page 157 - Getroud met 'n Leuen
P. 157

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               die kwaliteit van die verkondiging van die Woord, maar eerder oor verskille met die mens
               agter die leraar. Dit impliseer dat ons as gemeentelid onsself hoër ag as die God wat die leraar
               daar gestel het. Ons kan maar net nie by die mens agter die leraar verbykom nie, want elkeen
               van ons weet beter, is beter en het al die antwoorde. God en die kerk is nie regtig in tel nie.

               Vir vandag se mense is die kerk 'n beslommernis, vir baie is dit net 'n noodsaaklike euwel en
               vir ander ook maar net 'n oorlas. Kerk kom mos oor die TV en op my selfoon, sommer so
               terwyl ek in die bed lê en kyk. Vergete is die gedagte dat die bed, die TV, die selfoon en die
               huis aan die Here behoort. Maar satan gebruik hierdie selfde items, terwyl dit nie aan hom
               behoort nie, juis om sy werk vir hom te doen. Eintlik is dit net te veel moeite om op 'n Sondag
               op te staan en kerk toe te gaan, dit werk so saam met al die ander dinge wat satan daar plaas
               om ons so besig te maak, dat daar nie meer tyd is vir die Here nie.

               Maar alles begin by elkeen van ons as mens en die Woord. Wat verkondig word is waarlik
               wysheid want dit kom van God, maar dit is net vir dié wat daarvoor ryp is. Dit is immers nie 'n
               wêreldse wysheid wat van geleerdes en heersers op hierdie aarde kom nie, nee dit kom net
               van die Here en dit is ook net bedoel vir diegene wat ontvanklik is van Sy Woord. I Kor 2:13-
               15 leer ons dat die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van God nie.
               Vir so 'n mens is dit onsin. En hoe dikwels hoor ons nie hierdie onsin nie, want elke stukkie
               afbrekende kritiek en sinisme rondom die kerk, is eintlik onsin. Ons kommentare rondom
               kerkbywoning, rondom offergawes, rondom armes, rondom sosiale media, ensovoorts is en
               bly onsin wanneer dit gebruik word om God se plan te dwarsboom. Lees gerus 1 Kor 3:19
               “want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God.” Die volgende vers maak dit meer
               as duidelik dat al ons slim praatjies en alles wat ons weet, eintlik verspot lyk en is binne die
               grootsheid van die almagtige God word dit klein as Hy sê: “Hy vang die slimmes met hulle eie
               slinkse planne” en “Die Here ken die gedagtes van die wyse mense en weet dit beteken niks”.
               Hierdie wysheid het spesifiek met die dinge rondom geloof, christenskap en die kerk te doen.
               En  bowenal  het  dit  te  doen  met  God  se  almag.  Watter  mens  op  aarde  kan  homself
               hoegenaamd indink hoe groot en almagtig God is, en dan kom ons in ons wysheid en sê EK
               het besluit die kerk is vir die voëls. Daarom moet niemand op mense roem nie, want die mens
               se professorskap, sy doktorskap, sy wetenskap of sy wat ook al, is slegs om nou eers uit te
               vind wat God miljoene jare gelede alreeds in die wêreld ingebou het. Dit is ou nuus vir Hom,
               maar om in die hemel te kom beteken jy moet allereers vir God en sy dinge soek.

               Maar ons is ook die gebou van God. Ons is die boustene wat gesamentlik die kerk vorm
               waarvan daar geskryf word dat Christus is die hoof van die kerk en God het dit vir Hom gegee
               omdat Hy vir ons gesterf het. Daar is letterlik net een fondament ongeag aan watter kerk jy
               behoort, daar is net die een fondament en dit is die fondament wat Jesus hier op aarde kom
               verkondig het, wat eintlik maar net Hyself is. Alles wat ons in die evangelies lees maak saam
               die fondament van God, en daar is maar net een fondament waaraan niks verander kan word
               nie. Dit beteken dat elke mens is die argitek van sy eie gebou, hy en slegs hy, en daar sal geen
               twee huise wees wat dieselfde is nie. Die enigste vraag is vir wie bou ons die huis, is dit vir
               God of vir onsself? Daar is niks tussenin nie! I Kor 3:16 vra die vraag of ons weet dat ons die
               tempel van God is? Die Gees van God bly in dié huis, en as jy of iemand dié huis of tempel
               beskadig, sal God hom straf, want die tempel van God is heilig, en die tempel is ons.




               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    157
   152   153   154   155   156   157   158   159   160   161   162