Page 162 - Getroud met 'n Leuen
P. 162

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               'n Mens kan nooit uit die oog verloor dat Satan sy eie planne vir hierdie wêreld het nie. Ons
               stryd is nie teen mense nie, maar teen bose regeerders en maghebbers, teen die geeste wat
               heerskappy in hierdie donker wêreld uitoefen, teen die bose geeste in die hemelruimtes (Ef
               6:12). Satan wil hê ons moet totaal uitrafel, weg beweeg van God af, weg van sy Woord af en
               weg van sy Waarheid af. En watter beter plek as die huwelik kan daar wees? Ons kan maar
               net om ons kyk om te sien in watter chaos alles is, en dit omdat die boustene van Kindskap
               verbrokkel het en Mammon aan die wortel van alle kwaad lê. Die huwelik is nie meer ‘n heilige
               instelling  nie,  maar  'n  kompeterende  besigheid  waar  ouers  die  direkteure  is,  kinders
               opgeoffer word ter wille van dividende, christenskap opgeoffer word ter wille van aandele en
               God uitgesluit word sodat die Waarheid verdraai kan word ter wille van winste. Die kerk word
                                                                                   gesien  as  'n  nuttelose
                                                                                   onkoste  wat  ten  alle
                                                                                   koste  vermy  moet
                                                                                   word. Daar sit 'n ware
                                                                                   en sterk vyand agter al
                                                                                   hierdie  dinge,  en  hy
                                                                                   hou  daarvan  om  jou
                                                                                   met  vrees  te  dreig  en
                                                                                   om  jou  swak  te  laat
                                                                                   voel, want as daar nie
                                                                                   rykdom, eer en mag is
                                                                                   nie, dan is jy niks.

                                                                                   Hy  wil  in  jou  hart
                                                                                   fluister  dat  jy  niks
                                                                                   hemels  sal  nodig  kry
                                                                                   nie,    want    jy   is
                                                                                   vermoënd  genoeg  in
                                                                                   jouself.  Jy  het  genoeg
                                                                                   ondersteuning.  Jy  het
                                                                                   genoeg hulpbronne. Jy
                                                                                   is    goed      genoeg
                                                                                   voorberei  op  wat  ook
                                                                                   al  kom.  Dis  Satan wat
                                                                                   dié  dwase  oortuigings
                                                                                   van       God        se
                                                                                   verwagtinge in jou kop
               plant. Natuurlik verdoesel hy dit met die meesleur van die massas. As hy maar net een familie
               op 'n slag kan oortuig dat dit is hoe die massas glo dan is die massas gou-gou gevorm, dis die
               sneeubal effek. Dis die massas sonder God.

               Dit laat mens al te veel dink aan die gedeelte in die Bybel waar Jesus vertel van die vermoënde
               boer, maar hy is 'n dwase mens (Luk. 12:13-21). Die eerste vers is die kern van wat Jesus
               hardop probeer om op ons harte te druk maar wat Satan die teendeel aan ons bly fluister.
               “Pasop  en  wees  op  jul  hoede  vir  elke  vorm  van  gierigheid,  want  'n  mens  se  lewe  is  nie



               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    162
   157   158   159   160   161   162   163   164   165   166   167