Page 167 - Getroud met 'n Leuen
P. 167

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               sleg en raak suur, en ander verouder baie goed en verbeter met tyd. Die wat verbeter oor tyd
               is die paartjies wat aanvaar dat niemand volmaak is nie, en daarom op God vertrou om saam
               deur elke lewensfase van die huwelik, dié pad se wegwysers van Hom te kry. Dit is hulle wat
               gelukkig genoeg is om te glo dat die wil van God nie net in hulle lewens geskied nie, maar ook
               in die wil van die huwelik. Die grootste uitdaging vir 'n huwelik is om tot die punt te kom om
               te besef dat die Bybel sê dat man en vrou een word in die huwelik. Dit is waar die meeste wyn
               suur word. Om te weet wat dit is om een te word, is die absolute kern van die huwelik. Dit is
               om te besef dat die eie ek gesterf het, en die allesoorheersende ‘ons’ is gebore. Sonder dit,
               bly die huwelik op 'n rotsagtige pad vol stampe en stote. Net om seker te maak dat die punt
               insink, moet elke huwelikspaartjie besef dat die huwelik self eintlik 'n nuwe mens in eie reg
               is, met 'n eie siel en 'n eie wese wat bestaan uit die paartjie se eie saamgevoegde siel en wese.
               Ek + ek = ons maar ek + jy = niks. Dis soos Paulus sê dat as jy gered is, dan word jy 'n nuwe
               mens. Dit word geboekstaaf in Kol 3:8-10, “Maar nou moet julle al hierdie dinge laat staan:
               woede, haat, nyd en gevloek. Vuil taal moet daar uit julle mond nie kom nie, en moenie vir
               mekaar lieg nie. Julle het met die ou sondige mens en sy gewoontes gebreek, en leef nou die
               lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot
               die volle kennis van God”. Is dit dan nie ook waar van ons huwelik nie, is ons dan nie ook nuwe
               mense in die huwelik nie, en moet ons nie die vorige aparte mense afsterwe nie en een nuwe
               in God word nie? Skryf ons dit oor vir die huwelik wat in Kol 3:8-10 staan, lyk dit so: “Maar
               nou moet julle al hierdie dinge laat staan: eie waan, uitspattigheid, eie belang en gevloek.
               Onverantwoordelikheid  en  onreg  moet  daar  uit  julle  gees  nie  kom  nie,  en  moenie  die
               waarheid van mekaar weerhou nie. Julle het met die ou enkel mens en sy gewoontes gebreek,
               en  leef  nou  die  lewe  van  die  getroude  mens,  wat  al  hoe  meer  vernuwe  word  na  die
               huweliksbeeld van sy Skepper en tot die volle kennis van die Woord van God.”  Maar die
               huwelik het ook 'n Goddelike instellings waarde in dat die Almagtige God die Een is wat die
               huwelik in die eerste instansie ingestel het. Wanneer jy Sy goddelike doel en plan verstaan,
               sal jy die geestelike belangrikheid sowel as die betekenis van die huwelik insien. Hy het die
               menslike gesin geskep om elkeen van ons voor te berei vir ’n glorieryke toekoms. Die apostel
               Paulus het geskryf: “Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus
               Christus, van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy naam ontvang” (Efesiërs 3:14-
               15). Wanneer jy God in jou huwelik erken, wanneer jy die beginsels en strategieë van ’n
               suksesvolle gesinslewe toepas, kan jy jou huwelik verryk, verbeter en selfs red! Maar net die
               wysste van wyses besef die waarde van om so te leef dat jou lewensmaat jou sal wil lief hê.


               As kind van God, is jou huweliksbesluit die belangrikste besluit van jou hele lewe. Jou besluit
               om vir Jesus te lewe het 'n ewigheidswaarde en jou besluit om te trou het 'n langdurige aardse
               waarde. Dus sal die kwaliteit van jou huwelik tot 'n groot mate bepaal wat die kwaliteit van
               jou aardse lewe gaan wees en dit sal ook 'n beduidende impak op jou verhouding met jou God
               hê.  'n  Gelukkige  huwelik  het  reuse  voordele  vir  jou  gesin  en  lewer  normaalweg  goed
               gebalanseerde kinders op. As jou huwelik vir jou belangrik is, soos dit behoort te wees, dan is
               dit soos die huweliksformulier ons leer, in alles van die eerste dag tot die laaste dag. Maar al
               sou ons al die beste intensies hê, niemand is volmaak nie en die huwelik kan net sukses hê as
               beide partye gewillig is om te leer vir die duur daarvan. Jy kan jou huwelik verbeter deur te
               luister, begrip te hê asook deur vir mekaar ruimte te gee. Jy kan jou huwelik verbeter deur




               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    167
   162   163   164   165   166   167   168   169   170   171   172