Page 171 - Getroud met 'n Leuen
P. 171

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               Liefde is ’n verantwoordelikheid. As jy bemin wil word, moet jy dit vir jou maat maklik maak
               om jou lief te hê. Dit beteken onder meer dat jy betroubaar en dus verantwoordelik moet
               optree. Die grootste moordenaar van liefde en vertroue is valsheid, en dan valsheid op alle
               vlakke. Liefde as vertroue beteken dat jy opreg en lojaal bly teenoor jou maat; dat julle nie
               toelaat dat oneerlikheid, leuens en bedrog julle verhouding binnekom nie. Liefde as vertroue
               wil die waarheid dien en maak die belange van jou maat die hoogste prioriteit. Binne die
               vertrouenssirkel van die liefde is daar nie ruimte vir voortdurende wantroue, jaloesie, kritiek
               en beskuldigings nie. As 'n vertroulike gesprek nie binne die huwelik kan bly nie, is daar ook
               nie plek vir liefde in die huwelik nie, en word dit 'n leë dop. Dit wys gewoonlik wanneer
               huweliksmaats lojaal is teenoor mekaar, verantwoordelik en eerlik teenoor mekaar optree
               sonder om te lieg of te verwyt nie, en bo al om nie jou maat 'n spieëlbeeld van jouself te
               probeer  maak  nie.  Vertroue  is  om  nie  my  maat  met  ander  te  vergelyk  en  met  ander  te
               bespreek nie.

               Die vyf vlakke van kommunikasie vind 'n leefwyse binne openhartigheid in die liefde en hang
               saam  met  die  graad  van  spontaneïteit  waarmee  jy  bereid  is  om  jouself,  jou  liggaam,  jou
               gedagtes, drome en besittings met jou maat te deel. Openhartigheid en mededeelsaamheid
               hoort  bymekaar.  Openhartigheid  weerstaan  selfsug  en  soek  voortdurend  die
               teenwoordigheid  van  die  maat.  Openhartige  liefde  hunker  na  jou  maat  se  nabyheid.
               Openhartigheid is daardie dieptevlak van kontak en kommunikasie waarin jy bereid is om
               jouself voor jou maat te ontsluit. Openhartige liefde behels ten slotte ook ’n openheid vir jou
               maat se behoeftes en verlangens. As daar nie vertroue binne die huwelik is nie, is daar ook
               nie openhartigheid nie.

               Liefde as aanvaarding is bereid om jou maat ondanks sy tekortkominge (wat alle mense het!)
               onvoorwaardelik  te  aanvaar  soos  hy  is.  Aanvaarding  beteken  egter  nie  goedkeuring  van
               sondige gedrag nie. Aanvaarding plaas die klem op die maat se sterk punte en positiewe
               eienskappe. Sodoende word die negatiewe eienskappe positief aangevul en die goeie trekke
               verder versterk. Ons aanvaar ook die feit dat elkeen steeds ‘n individu in eie reg is wat 'n reg
               het om sy eie spasie en persoonlikheid uit te leef binne die huwelik.

               Ons het geleer, dit is nou tuis opleiding, dat gesonde verhoudings is nie dié waar daar nooit
               'n argument is nie. Hulle is gesond waar daar op gesonde maniere geargumenteer word.
               Huweliksmaats  moet  altyd  regverdig  baklei.  Takel  die  probleem,  nie  mekaar  nie.  Geen
               skelname word ge-uiter nie. Geen verkleinering vind plaas nie. Geen persoonlike aanvalle nie.
               Daar moet net op die kwessie in hand gefokus word, en dit word opgelos. Die bobbejaan mag
               nie agter die bult gehaal word nie, wat in die verlede gebeur het, bly in die verlede. Geen
               vorige argumente word weer ge-opper nie, dit bly in die verlede. Geen beskuldigings aan die
               ander van vorige irritasies nie. Bly net gefokus op die huidige kwessie. Dreigemente hoort nie
               in ‘n huwelik nie; kinders dreig mekaar nie gelowiges in die huwelik nie. Geen ultimatums nie.
               Geen eise nie. Die fokus bly daarop om die probleem op te los en om die verhouding te
               versoen. Die beste is eintlik om die meeste krapperige goed net te laat verby gaan. Vergewe
               mekaar. Wanneer dit deurgepraat is en daar is tot ‘n besluit gekom, vergewe en vergeet en
               beweeg aan. Gee die ander die genade wat ons so graag wil hê. Nooit, ooit is die bakleiery






               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    171
   166   167   168   169   170   171   172   173   174   175   176