Page 176 - Getroud met 'n Leuen
P. 176
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Konsensieus.
Kwaadaardige roofdiere weet dat 'n konsensieuse persoon sal vir hulle die voordeel van die
twyfel gee wanneer die toksiet swak gedrag uitdeel, hy sal glo hy moet die toksiet ook ‘n
tweede en derde kans gee en hy sal bly poog om die toksiet se behoeftes te probeer bevredig,
al is dit tot sy eie nadeel. Narsiste is bewus dat vir hulle slagoffers, is dié vorm van omgee en
sorg verwant aan die verpligting om 'n romantiese verhouding op te bou – en narsiste vertrou
dat hoogs konsensieuse mense sulke verpligtinge ten alle koste wil nakom al beteken dit hulle
gaan seerkry in die proses.
Empatie.
Narsiste weet hulle kan net ‘n flou verskoning opdis of ‘n vals apologie gee, om enige
mishandeling uit te vee, want narsiste weet jy sal die voorval en hulle gedrag probeer
regverdig en dan ook nog verskoning teenoor ander maak vir hulle toksisiteit. Narsiste maak
staat op die slagoffer se vermoë om te vergewe en simpatie met hulle te hê, selfs na
verskriklike dade en insidente van mishandeling. Deur hulle te beroep op die slagoffer se
empatie, kan narsiste dit systap om verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle dade, elke
enkele keer. Dit skyn asof empatiese individue hulle besluit betwyfel om die toksiet
verantwoordelik te hou, want hulle voel sleg as hulle sien hoe die toksiet homself kwansys
pynig oor die straf. So, in stede daarvan om hulle aanranders aan die kaak te stel, probeer
hulle om die toksiet eerder te beskerm. Dit is wat die toksiet totaal gewetenloos maak, want
sy byt die goedheid uit, keer op keer.
Integriteit.
Terwyl 'n toksiet feitlik geen berou het omdat sy 'n slagoffer mishandel nie, voel die slagoffer
daar teenoor moreel bevreesd om te vergeld, en sodoende die verhouding in gevaar te stel
of om sodoende weg te stap van die narsis. Al die aspekte vind plaas omdat 'n normale mens
verwag om soortgelyke en normale behandeling van ander mense te kry soos in 'n normale
samelewing, maar niks aan 'n toksiet is normaal nie. Daar is geen integriteit nie. Vir die
slagoffer is dit daarom aanvaarbaar om te probeer om dinge reg te stel. Hierdie ekstra pogings
is kos en ammunisie vir die toksiet – 'n wapen wat die toksiet gebruik om die slagoffer se sin
van self en vertroue in die wêreld totaal af te breek.
Veerkragtigheid.
Na alles, hoogs veerkragtige individue is meer geneig om nie op te gee na voorvalle van
mishandeling nie – ten spyte van die feit dat hierdie soort mens die verhoogte intellek en
vermoë het om die soort gevaar raak te sien. Hulle sal kies om hulle instinkte te ignoreer en
dan alles daarin stort om die verhouding te red en/of te veg vir die behoud van die
verhouding. Hulle sal 'n vegter mentaliteit inneem om 'n onvolhoubare verhouding te maak
werk, al is dit haas onmoontlik. Hulle kan selfs hulle liefde meet aan die hoeveelheid
wreedheid wat hulle moet verduur vir die behoud van die verhouding, min wetend dat die
toksiet geensins daarin belangstel nie, slegs dit uitermate geniet om te sien hoe die slagoffer
spartel en spook om dit te laat werk. Die toksiet sal selfs sover gaan om ekstra wreed te wees
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 176