Page 177 - Getroud met 'n Leuen
P. 177
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
en te probeer kyk hoe ver hy die slagoffer kan druk. Dit het ook te doen met die trauma band
wat die slagoffer met die wrede en skadelike toksiet ontwikkel het.
‘n Hoë graad van sentimentaliteit.
'n Slagoffer wat baie sentimenteel is en wat regtig lief kan hê, is prima kos vir 'n toksiet want
die toksiet kan liefdes oorweldiging gebruik; dit is die oormatige gebruik van vals lof, vleitaal,
intimiteit, ensovoort om die slagoffer te bedwelm sodat die toksiet die slagoffer in haar net
kan vang. Sy maak seker dat die slagoffer die vals gevoel kry dat sy, die narsis, baie goed aan
die behoeftes en begeertes van die slagoffer sal kan voldoen in 'n verhouding. In die vroeë
stadium van die verhouding idealiseer die toksiet die slagoffer en daarom word sy soos 'n
verkleurmannetjie en word nes die slagoffer deur sy identiteit te steel of te mimiek. Sy sal
hiermee volhou totdat die slagoffer in haary kloue is. In hulle wreedheid skep hulle vele
romantiese herinneringe want hulle weet die slagoffer sal daarop terugval as die
mishandelingsfase intree.
Narsiste geniet dit om met die emosies van haar slagoffer te speel; hulle weet hulle kan hulle
slagoffer intens mimiek of namaak voordat hulle hulleself begin terug trek nadat hulle daai
sielsgenoot effek geskep het wat hulle slagoffer leeg en verslaaf aan hulle gelaat het.
Sentimentele en simpatieke individue is perfekte voer vir narsiste om hulle kwaadaardigheid
op te oefen – al wat hulle moet doen is om hulle slagoffer se begeerte om 'n volhoubare
verhouding te skep, te manipuleer. Hierdie is in die normale lewe 'n alledaagse behoefte vir
mense, maar ongelukkig in die hande van 'n perverse toksiet word dit 'n slagveld van pyn en
ellende en mishandeling.
Vir die toksiet is dit onmoontlik om enige iets anders as haarself raak te sien, al lees sy ook
van haarself, is sy nie by magte om haarself daarin raak te sien of te erken nie. Dit is nie
moontlik vir die toksiet om haarself te bekeer en dus sodoende haarself van selfsugtige
ambisies en verwaandheid te bevry nie. Vir normale mense kan ons sê: “Verander jou
gesindheid. Waardeer jou huweliksmaat as ’n potensiële kind van God.” Hier is waar die
grootste probleem met narsiste die kop uitsteek. Is 'n toksiet vermoënd om haar lewe aan die
Bybel te koppel? Het die toksiet enigsins 'n begrip van liefde, en aldus is dit vir haar moontlik
om haar te bekeer? Die spreekwoord sê wel: “Moet jou nie verknies oor klein, onbelangrike
dingetjies nie”. Daar is egter geen waarheid hier te vind vir 'n toksiese verhouding nie, daar
is niks positiefs aan 'n toksiet nie en daar is geen liefde in 'n toksiet te vinde nie. Indien jy jou
huweliksmaat misbruik of mishandel het, hetsy fisies of emosioneel, behoort jy jou daarvan
te bekeer! 'n Ongerehabiliteerde toksiet kan haar nie voor God verootmoedig nie, en sy kan
Hom nie om vergifnis smeek nie en sy kan nie haar huweliksmaat om verskoning vra nie! Ek
weet dat dit soms moeilik is om te sê: “Ek is jammer”. ’n Heelhartige en opregte verskoning
kan egter heelwat doen om ’n verhouding te genees en te herstel! Die wil om dit te doen
moet by beide partye aanwesig wees, maar die toksiet sal en kan nie om verskoning vra nie!
En al sou sy, is dit nog meer onmoontlik om te glo dat daar enige waarheid steek in enige iets
wat 'n toksiet uiter op 'n emosionele vlak.
Hoe bewys jy agting en respek aan jou gade? Daar is baie maniere, soos die gee van ’n spesiale
geskenk, deur sorgvuldig te luister, dankbetuiging en algemene bedagsaamheid in jou woorde
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 177