Page 174 - Getroud met 'n Leuen
P. 174

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               persoonlikheidsversteurings,  vir  wie  dit  die  opsetlike  doel  is  om  die  huwelik  en  die
               huweliksmaat te verwoes en geestelik/emosioneel te VERMOOR met hoofletters.

               Daar is werklik beproefde Bybelse sleutels tot ’n suksesvolle huwelik. Jy behoort dit te ken en
               in jou eie huwelik toe te pas. Andersins mag jy dit graag wil deel met vriende of familie wat
               beplan om in die nabye toekoms te trou. Dit mag nou wel nie maklik wees nie, maar die
               pogings kan tot groot belonings en ’n liefdevolle verhouding lei. Die ou gesegde: “Die huwelik
               is ’n 50-50 proposisie” is geheel en al verkeerd! In die  toksiese verhouding is dit 110-0 vir die
               narsis.  Die  toksiet  se  totale  doelwit  is  om  sy  lewensmaat  te  verander  in  'n  patetiese  en
               geestesafhanklike zombie as hy kon. Die toksiet ontsien geen wreedheid om dit te bereik nie.
               ’n  Mens  behoort  te  vra:  Wat  is  dan  die  raamwerk  van  ons  huweliksverbintenis?  Is  dit
               wedersydse gerief? Of, is dit ’n verhouding wat op die Bybel gebaseer is en in diepte en
               karakter sal groei vir die res van ons lewens? Die eindeloosheid van die smart van 'n  toksiese
               huwelik is dat een vennoot moord beplan terwyl die ander sy uiterste bes probeer om vas te
               stel waar het alles verkeerd gegaan terwyl hy spartel om te oorleef. Ongelukkig is dit so dat
               met 'n toksiet en onkunde in jou huwelik, jy moontlik vir baie jare in dié moeras vasgeval sal
               bly. ‘n Moeras wat jaar na jaar dieper word tensy jy bemagtig word om die verhouding te
               verlaat. Wat sê die Bybel? Kyk na hierdie vers wat fundamenteel is vir gelukkige verhoudings
               en vir die karakter wat ons benodig vir alle ewigheid: “Ek het julle in alles getoon dat ons ...
               die woorde van die Here Jesus moet onthou, dat Hy gesê het: Dit is saliger om te gee as om
               te ontvang” (Handelinge 20:35). Of, soos dit in die Nuwe Vertaling gestel word: “Onthou die
               woorde van die Here Jesus. Hy het self gesê: Om te gee maak ’n mens gelukkiger as om te
               ontvang”. In die geval van 'n narsis, is daar ongelukkig net NUL wat hy kan byvoeg tot 'n
               gelukkige huwelik en moet ons gaan kyk na vrede wat die Here in die huwelik wil hê en vereis.
               Vir jou egter is die uitkoms gedoem omdat 'n ‘bedorwe siel’ in die vorm van 'n toksiet in jou
               huwelik ontpop het.

               Ware liefde is om te gee sonder om iets terug te verwag. Wanneer twee persone elk 100
               persent gee, is daar ’n sterk band, ’n sterk oorvleueling wat buigsaamheid sal waarborg asook
               die vermoë om die mas op te kom in krisisse en probleme. Indien ’n 110-0 opsie aanvaar word,
               waarborg dit ’n sterfte en 'n verbrokkelde verhouding! Die grendels wat hieronder bespreek
               word, is die slotte wat die onskuldige slagoffers binne in 'n  toksiese huwelik gaan toesluit en
               wat baie aandag nodig het van huweliksmaats:

               Grendel 1: Sjarme en Charisma – die vat manier

               Die meeste narsiste kan baie sjarmant wees as hulle kies om so te wees. Aangesien narsiste
               aandag en bewondering begeer, spandeer hulle baie tyd en energie om die vervalsing daarvan
               te vervolmaak omdat hulle dit gebruik vir hulle masker, maar ook om ander te verlei om vir
               hulle te gee wat hulle wil hê (veral aan die begin van die verhouding). Om sjarme te hê sonder
               dat dit werklik 'n ware karaktereienskap is, is net so goed as om 'n leë en onwerklike vervalsing
               te wees. Aan die begin maak jy dalk 'n goeie indruk, maar soos tyd verloop, dan kom die ware
               gesig van die toksiet te voorskyn: die romantiese siel word 'n manipuleerder, die kundige
               werker word 'n rugsteker of magsoeker, die gladde verkoopsman 'n uitbuiter, die sosiale
               vlinder word 'n egbreker.




               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    174
   169   170   171   172   173   174   175   176   177   178   179