Page 179 - Getroud met 'n Leuen
P. 179

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               Grendel 4: Oor presteer.


               Toksiese oorprestering ontlok in narsiste van die slegste eienskappe van narsisme insluitend
               grootsheid,  egosentrisme,  agterbaksheid,  valse  meerderwaardigheid,  neerhalendheid,  en
               minagting.  Oorpresterende  narsiste  gebruik  dinge  soos  titels,  status,  rykdom,  materiële
               besittings, 'n kamma benydenswaardige leefstyl en eksklusiewe lidmaatskap om te probeer
               wys wie hulle is(of wil wees) of om ander te imponeer. Die doel “van om iets te bereik” is vir
               die toksiet 'n manier om sy ontoereikendheid vir die wêreld weg te steek. Die toksiet se
               sielkundige  beseerde  innerlike  self  word  verdoesel  deur  sy  identiteit  te  verweef  met  sy
               onskeibare oppervlakkige uiterlike ego. Die meeste narsiste glo dat as hulle nie spesiaal is nie,
               dan is hulle ‘n “niemand” en nie werd om lief gehê te word nie. Hulle is glad nie in staat om
               net plein menslik te wees en normaal liefde te ervaar nie.

               Grendel 5: Vermyding van Pynvolle Ontoerykendheid.


               Die grootste probleem van om met 'n valse self te leef, is dat so 'n mens nooit regtig gelukkig
               kan wees nie, nog minder kan so mens in vrede met haarself (eie valsheid en verwerping) leef.
               Vir baie narsiste met hierdie oppervlakkige fasade, is enige sukses of erkenning wat hulle
               bereik, baie keer van verbygaande aard of blote illusie. Daar is dus geen betekenisvolle en
               opregte menslike ervaring daarin nie. Aan die binnekant word meeste narsiste gejaag deur
               die alom teenwoordige sin van ontoerykendheid en met die vrees dat hulle eendag uitgevang
               sal word vir die frats wat hulle in werklikheid is, en dat dit bekend sal word – dat hulle nie is
               wie hulle van hulleself probeer maak nie. Bevrees om weer die ‘aaklige’ self te wees, leef
               meeste narsiste 'n innerlike lewe wat grens aan geestelike desperaatheid.


               Sleutel Tot Herstel: Bid Saam.

               Baie van julle wat hierdie boek lees, mag getroud wees met iemand wat toksies is. Indien wel,
               sal jy nie in staat wees om saam met jou gade te bid nie – maar jy kan vir jou gade bid én vir
               oorlewing binne die huwelik! Soos voorheen genoem, kan jy ’n Christelike voorbeeld vir jou
               lewensmaat stel (1 Petrus 3:1). Die dieper geestelike probleem vir hierdie tipe huwelik is dat
               die toksiet ook kan glo hy of sy is 'n kind van die Here. Die probleem word gekompliseer deur
               die feit dat die toksiet weet iets skort, maar hy of sy is onvermoënd om dit van haarself raak
               te  sien.  Dus  lyk  dit  soos  'n  eindelose  sirkel,  die  toksiet  doen  wat  sy  doen  vanweë  'n
               persoonlikheidsversteuring, en die slagoffer probeer oorleef na die beste van sy vermoë binne
               sy christelike opset. Vir solank die slagoffer nie kan begryp wat gebeur nie omdat die slagoffer
               self nie kan glo dat daar sulke mense in die lewe is nie, allermins kan hy glo dat hy daarin
               vasgevang kan wees weens sy eie besluite nie. En solank die toksiet nie tot die besef gekom
               het oor wat sy in werklikheid is (moet 'n wonderwerk wees), bly die verhouding 'n gemors en
               die enigste ontsnapping is om te ontvlug. Vlug sover as wat jy kan!


               ’n Normale huwelik verg werk, opoffering en voortdurende vertroeteling om suksesvol te
               wees. Dit beteken om alles te gee in die nakoming van jou Godgegewe verantwoordelikhede
               as man of vrou. Daar sal struikelblokke, verskille en selfs geskille wees, maar, met God se hulp
               kan jy jou huwelik verbeter – jy kan selfs jou huwelik red indien dit in gevaar verkeer! Ek kon




               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    179
   174   175   176   177   178   179   180   181   182   183   184