Page 183 - Getroud met 'n Leuen
P. 183

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               Maar waar mense die slagoffer faal, dit is waar die almagtige God die verslae slagoffer te hulp
               snel. Wat die probleem soveel meer kompleks vir Christene maak, is dat dit 'n tweeledige
               aanslag op die slagoffer het. Daar is eerstens die feit dat die Bybel sê jy mag nie skei nie en
               andersyds die feit om tot die besef te kom dat die persoon wat veronderstel is om jou beste
               belange op die hart te dra, nie 'n kind van die Here kan wees nie, altans nie soos ons dit
               verstaan nie. Die ergste is dat die toksiet eers sy ware kleure begin wys nadat die huwelik
               voltrek is. So watter kans was daar dat jy, slagoffer, iets aan die saak kon doen voordat jy jou
               belofte voor die kansel afgelê het? Voordat die nare waarheid jou soos 'n vuishou in die gesig
               tref nie. Dan kom lê Psalm 94 voor ons:


               PITKOS 94*
               Die Regter van die hele aarde.
               God oordeel oor onreg, Here.
               Die God van die oordeel, sal Homself vertoon op die dag van oordeel.
               Die Regter van die aarde sal oordeel oor die liefdeloses
               volgens wat hulle verdien.
               Die Bose is tussen ons, Here.
               Tot die oordeelsdag sal die Bose in ons midde wees,
               sal die Bose wil beheer!
               Hulle loop oor van leuens, die godloses loop oor van goddeloosheid.
               Hulle vertrap u volk, Here, en verdruk dié wat aan U behoort.
               Weduwees en die wat nog nie van U gehoor het nie,
               bring hulle om die lewe, en weeskinders maak hulle dood.
               Hulle sê: “Die Here sien dit nie;
               die God van die hemel weet dit nie, ons hoef nie ander van Hom te vertel nie.”
               Dink weer, julle geestelik verstomptes!
               Wanneer sal julle wys word, julle geestelike dwase?
               Die Here het ons ore gemaak, dink julle Hy hoor julle nie?
               Die Here het ons oë gevorm, dink julle Hy sien julle nie?
               Die Here besit die oordeel, dink julle Hy sal julle nie straf nie?
               Die Here besit al die wysheid, dink julle Hy het nie kennis
               van alles wat op aarde gebeur nie?
               Sou Hy wat onderrig gee, aan kennis ontbreek?
               Die Here ken elke mens se gedagtes, Hy weet dit is niks werd nie.
               Geseënd is hulle vir wie U tug, Here, vir wie U uit u Woord onderrig.
               U staan hom by in tye van versoeking, maar vir die godlose wag ’n donker graf.
               Die Here sal sy Christenvolk in tyd van geestelike verdrukking
               sekerlik nie verlaat nie, en sy erfdeel nooit laat vaar nie.
               5Regspraak sal kom vir sy kinders en al die gelowiges sal dit soek.
               Wie beskerm my teen godloses?
               Wie staan my by teen die boosheid?
               As die Here Hom nie oor my ontferm nie, het my siel ‘n stille dood gesterf.
               Toe ek sê: “Ek is in versoeking!”




               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    183
   178   179   180   181   182   183   184   185   186   187   188