Page 188 - Getroud met 'n Leuen
P. 188

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               Nogtans  het  geld  vir  miljoene  mense  'n  afgod  geword  waardeur  hulle  hulle  volledig  laat
               beheers. Geldsug dryf mense na dobbelmasjiene, laat hulle Lotto-kaarte koop. Geldsug bring
               mense  tot  korrupsie  en  diefstal.  Geldsug  veroorsaak  afguns,  haat  en  nyd  in  gesinne  en
               families. En dit gebeur regtig waar nie net in ons lewens nie, maar dit gebeur ook in die kerk.
               Afgod  Mammon  verstik  ook  die  goeie  saad  van  God  se  Woord  en  laat  gedoopte
               verbondskinders afgly na die wêreld van verval. En die duiwel lag in sy vuis.

               En wat van afgod Sport? Daar is niks verkeerd met die beoefening van 'n sport as sodanig nie.
               'n Sportiewe wedstryd kan 'n ontspannende en verrykende ervaring wees. Maar vir hoeveel
               mense het sport die een en die al geword? Sodat die krieketoorwinning van die Springbokke
               meer indruk maak as die verskriklike honger in ons land. Sport het so 'n afgod geword dat
               sommige  hoërskoolkinders  vrystelling  van  belangrike  leervakke  kry  as  hulle  uitstaande
               sportprestasies vir hulle skool lewer. Sportwedstryde het die heiliging van die Here se dag
               uitgehol en hou mense uit die kerk. Sport hou ons kinders uit Katkisasie en hou ons uit die
               kerk op Sondag omdat ons nie van die televisie af kan wegbly nie.

               Ook studie kan sommer 'n afgod word. Die drang om hoë slaagsyfers en onderskeidings te
               behaal, om eervolle vermeldings te kry, om te kan spog met grade en diplomas kan 'n obsessie
               in iemand se lewe word waardeur hy of sy al hoe meer in beslag geneem word. En ook hierdie
               afgod gaan nie aan die kerk se deure verby nie. Hoe dikwels gebeur dit dat katkisante in toets-
               of eksamenweke nie eers een uurtjie katkisasie kan bywoon nie, of nog erger as dit veroorsaak
               dat jou Sondag die beste studiedag word. Want, o, die eksamen, die eksamen. Maar ewe eens
               kan vakansie, ontspanning en stokperdjies afgodery vir ons word. As ons daaraan soveel tyd
               en soveel geld bestee, dat dit in geen verhouding staan tot die tyd wat ons aan die ondersoek
               van God se Woord, die geld wat ons Sondae in die kollekte bord gooi en die tyd wat ons aan
               die kerk spandeer, dan is ‘n ieder van hulle 'n potensiële afgod.

               So kan enige ding wat ons in hierdie wêreld uit God se hand ontvang, onder die invloed van
               die duiwelse geeste, 'n afgod word: jou verloofde, jou huwelik, jou kinders, jou musiek of
               televisie, drank of seks, 'n politieke leier, 'n aanlyn speletjie of enigiets. God se Woord dwing
               ons egter om daarmee rekening te hou dat hierdie dinge regtig kan gebeur, deur die werking
               van die duiwel se bose geeste. Die afgod wat ons die minste verstaan en die meeste aanbid,
               is  ons  kinders  en  ons  eggenoot.  Om  waarlik  'n  Bybelse  balans  te  kry  tussen  familie  en
               afgodery, dit kom net uit die hand van die Here. Maar vra jou af of jy jou kind sal offer, soos
               Abraham vir Isak ge-offer het, maar terselfdertyd moet jy dit doen teen die agtergrond van
               God wat sy Seun vir jou ge-offer het. Die vraag eindig nie hier nie, dit gaan verder om te vra
               dat, as God so ernstig was om ons te red deur sy Seun te laat sterf, hoekom sal Hy nie met
               dieselfde erns na ons besluit kyk nie? “As jy Jesus wil volg omdat jy 'n beter lewe wil hê , dan
               is dit afgodery. Jy moet Christus volg terwille van Christus” – Paul Walsher. En net so sê John
               Calvin “Wat is afgodery anders as om: dit wat God gee te aanbid in stede daarvan om God
               self te aanbid” en laastens sê John Piper “Ons maak 'n afgod van elke ding waarin ons meer
               vreugde vind as in God self, so, vind jou vreugde in God en jou afgodery sal verdwyn.”

               Aan die begin was my gebed dat ek tog nie mense so moet vrees nie, toe was dit om verlossing
               te vind en so met die groeiery saam het dit al meer hemelwaarts gedraai sodat ek wysheid en
               insig kan kry, sodat ek stil kan word en luister, dat ek berusting kan kry dat God se genade



               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    188
   183   184   185   186   187   188   189   190   191   192   193