Page 193 - Getroud met 'n Leuen
P. 193

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               Idealisering is 'n sielkundige of geestelike proses om oordrewe positiewe eienskappe aan 'n
               ander  persoon  of  voorwerp  toe  te  skryf.  Dit  is  'n  manier  om  angs  te  hanteer  waarin  'n
                                                                                    voorwerp  of  persoon
                                                                                    van  ambivalensie  as
                                                                                    perfek  beskou  word,
                                                                                    of  as  om  oordrewe
                                                                                    positiewe  eienskappe
                                                                                    te hê. Dit is algemeen
                                                                                    met  persoonlikheids
                                                                                    versteuring   vir   'n
                                                                                    persoon om 'n vriend,
                                                                                    familielid  of  geliefde
                                                                                    te  idealiseer.  Hulle
                                                                                    voel intense nabyheid
                                                                                    teenoor       daardie
                                                                                    persoon    en    plaas
                                                                                    hulle  dan  op  'n
                                                                                    voetstuk.   Dit   kan
                                                                                    vinnig             en
                                                                                          onvoorspelbaar
                                                                                    verander  na  intense
                                                                                    woede         teenoor
                                                                                    daardie  persoon,  'n
                                                                                    proses       genaamd
                                                                                    devaluasie. As gevolg
                                                                                    van  hulle  emosioneel
                                                                                    primitiewe denke van
               om of perfek OF waardeloos te wees (ingeprent op die ontwikkelingsvlak van 'n jong kind) en
               hulle  aandrang  op  onvolhoubare  perfeksionisme,  word  narsiste  wat  in  verhoudings  (met
               vennote,  familielede,  of  vriende)  is,  byna  altyd  ontnugter.  En  omdat  hulle  nie  'n  morele
               kompas  het  nie  (soos  die  agtergeblewe  kinders  wat  hulle  is),  huiwer  hulle  nie  om  hulle
               teleurstelling  uit  te  druk  in  'n  reeks  van  devaluering  en  vyandige  gedragspatrone  nie,
               insluitend veroordeling, verkleinering en woede. Hulle kan selfs besluit om pad te gee uit 'n
               verhouding. Narsiste sien die wêreld en ander op dieselfde manier as wat ‘n rekenaar werk,
               of aan en af of een en nul - goed of sleg, swart of wit. Hulle is geneig om ander óf te idealiseer
               of te devalueer. Ouers wat aan narsisme ly, idealiseer dikwels een goue kind en devalueer of
               maak sondebokke van die ander. Hulle romantiese verhoudings word gekenmerk deur 'n
               patroon  van  idealisering,  gevolg  deur  devaluasie  en  dikwels  volg  daarna  ‘n  periode  van
               verwerping.  Wanneer  hulle  'n  potensiële  maat  identifiseer,  sien  hulle  hom  aanvanklik  as
               perfek.  Wanneer  die  valse  beeld  van  perfeksie  begin  taan,  kan  narsiste  nie  hulle  maat
               realisties sien as 'n mengsel van goeie en gebrekkige eienskappe nie. In plaas daarvan, volg
               bitter en wrede ontnugtering en dan verwerping.







               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    193
   188   189   190   191   192   193   194   195   196   197   198