Page 189 - Getroud met 'n Leuen
P. 189

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               genoeg is. Paulus se lewe was verorber deur sy besef dat hy God se woord na die heidene
               moes uitdra, hy is 'n man wat mense genees het en die helfte van die nuwe testament geskryf
               het, en tog sê hy dat God vir hom sê dat Sy genade is genoeg, jy kan nie alles kry wat jy vra
               nie. Ja, ek is nie Paulus nie, nie eers sy skadu nie, maar sonder om te glo dat die Here elke
               sekonde weet of jy sit en of staan, is daar nie hoop nie. En as ons nie besef dat die Here weet
               wanneer ons lieg nie, lieg ons vir onsself en/of lieg vir ander nie, bluf ons net onsself. Dit maak
               van elkeen van ons net nog 'n narsis, 'n geestelike narsis. En as die toksiet dink sy bedrieg die
               wêreld, dan is dit volgens haar so, maar sy kan nie vir die Here lieg nie. Niemand kan Hom 'n
               rat voor die oë draai nie!

               PITKOS 1*
               Die regverdige en die
               goddelose.
               Gelukkig is die mens wat nie handel volgens
               die raad van die Bose nie, of deel het aan sondige dinge nie,
               of wat saamspan met vals Christene nie.
               So mens se siel vind vreugde in die onderhouding
               van die gebooie van die Here en hy bedink hierdie dinge en
               onderhou dit elke dag.
               Hy is soos ’n boom wat geplant is langs waterstrome,
               wat deurentyd God se vrugte dra.
               So ‘n mens se siel bly veilig in die Here;
               en in alles wat hy doen, ken hy die Here.
               So ‘n lewe is nie vir die godlose mense beskore nie.
               In die dood is hulle soos kaf wat deur die wind weggewaai word.
               Daarom sal godlose mense nie voortbestaan
               in die hiernamaals nie, en ongelowiges sal nie 'n plek hê in
               die hemel saam met die kinders van die Here nie.
               Want die Here lei die gelowiges op hulle lewenspad na die ewige lewe,
               maar die pad van die godloses lei na geestelike ondergang.





























               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    189
   184   185   186   187   188   189   190   191   192   193   194