Page 186 - Getroud met 'n Leuen
P. 186

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               Maar die sleg is dat in die vroeë dae van die verhoudings toe verliefdheid eintlik nog hoogty
               moes gevier het, het die  toksiese aanslag eintlik met 'n felheid weggespring wat nie beskryf
               kan word nie. Binne ‘n kwessie van enkele maande het hierdie wesens van mense in monsters
               verander. As ek vandag terugkyk dan is die ommeswaai van ‘liefde’ na absolute liefdeloosheid
               verstommend of ‘mesmerising ‘ en kan mens letterlik sê dit was nie weke nie maar dae en dit
               was die een aanval op die ander, die een stuk kritiek op die ander, een teregwysing op die
               ander en die een verwyt op die ander. Die herstel tussen aanslae was maar min en die enigste
               bietjie vrede was wanneer iemand anders vir 'n wyle 'n vennoot of  toksiese voorraad geword
               het. Hulle aandag so bietjie afgelei het. Ironies oorleef mens met die hoop dat dit sal verbeter,
               want  daar  is  so  dan  en  wan  'n  relatiewe  stilte  voor  die  aanslag.  Maar  selfs  dit  was
               onvoorspelbaar, 'n mens het nooit geweet wat die volgende uitbarsting sou te weeg bring
               nie. Dit kon selfs iets gewees het wat iemand anders gesê of gedoen het. Dan was dit ook nie
               net fisiese brutaliteit en woede nie, vir die meeste van die tyd was emosionele en geestelike
               foltering.

               Om te kon oorleef, was daar net een antwoord en dit was om al jou hoop op die Here te plaas.
               Die probleem in situasies soos hierdie is dat mens 'n direkte antwoord nodig gehad het, skei
               jy en loop weg of bly jy en probeer red wat te redde is? Daar is vele gedagtes wat deur jou
               kop kan maal oor 'n periode van 20 jaar. Daar is vele goed wat in so 'n  toksiese verhouding
               van normaal na abnormaal verskuif, selfs in jou eie gedrag en lewe. Dit is net nie moontlik om
               oor 20jaar nie te verander nie. Die ergste probleme is geloof, sinisme en bitterheid en dan
               moet mens ook waak daarteen om nie jou kinders die afgrond in te trek nie of om hulle
               negatief te beïnvloed nie. In my agterkop het die woorde in Jesaja 30 gaan vassteek: “Die
               Here sal jou genadig wees as jy na Hom roep om hulp, Hy sal jou gebed verhoor sodra Hy
               dit hoor. Die Here het jou honger en dors laat ly, maar Hy wou jou leer, en Hy sal Hom nou
               nie meer afsydig hou van jou nie; jy sal self sien dat Hy die Een is wát jou leer. Wanneer jy
               die regte koers verlaat, sal jy agter jou 'n stem hoor sê: “Hier is die pad, loop hierlangs.”
               Dan sal jy besef dat jou gode, jou beelde wat jy met silwer en goud oorgetrek het, onrein
               goed is, en jy sal hulle weggooi.... “

               Hier is 'n ganse lewe opgesluit in hierdie paar woorde. Heel eerste veronderstel dit dat ons
               bid, en dan ons verwagting om oombliklik verhoor te word. Oor tyd het ek besef dat Jesus self
               uit sy pad gegaan het om te bid toe Hy hier op aarde was. Was hierdie gebede maar net
               vinnige gebede, skietgebede of die herhaling van die Onse Vader op 'n daaglikse basis? En dan
               het Jesus se sweet soos bloed geword as Hy smeek dat die kruisdood verby moet gaan! Hierin
               lê twee diep kerns, die eerste is dat ons nie ernstig genoeg bid nie, dat ons net nie genoeg
               erns met God maak nie, en die tweede dat dit 50 jaar kan vat voordat jy genoeg tyd laat en
               maak sodat jy kan hoor wat die Here sê. Vers 19 druk absoluut wonderlik uit “Hy sal jou gebed
               verhoor sodra Hy dit hoor.” Ek kry hoendervleis!

               Die volgende gedeelte, vers 20, “..maar Hy wou jou leer, en Hy sal Hom nou nie meer afsydig
               hou van jou nie; jy sal self sien dat Hy die Een is wat jou leer.” Daar lê diep poorte tussen die
               begin van die vyftig jaar en die einde van die vyftig jaar. Hoeveel kan mens in vyftig jaar leer?
               Dit is immers nie 'n universiteit waar jy dit kan meet aan 'n graad of diploma nie. Dit is waar,
               want wat  'n  mens  hier leer,  is hoe  om  te  lewe  tot  eer  van  sy  Skepper.  Dit  is  dinge  soos




               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    186
   181   182   183   184   185   186   187   188   189   190   191