Page 191 - Getroud met 'n Leuen
P. 191

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


                       aksies. Hulle het wel gereedskap wat hulle kan gebruik om te help om empatie te
                       vervals, soos geld, geleerdheid, posisie, status, godsdiens en vele meer maar dit is als
                       komponente wat meesal daarop gemik is om ander te beïndruk en dit alles om ‘n vals
                       fasade voor te hou of te vertoon.

                   ✓  Hulle  glo  dat  hulle  inherent  belangriker  is  as  dié  rondom  hulle.  Dit  word
                       gedemonstreer deur hulle optrede, hulle totale verontagsaming van ander mense se
                       sienings, oortuigings en minagting van ander mense se regte en reg op eie persoonlike
                       spasie en tyd.

                   ✓  Hulle smag na erkenning vir hulle inherente meerderwaardigheid. Hulle sal gedurig vir
                       ander laat verstaan hoe hard hulle werk, hoe besig hulle is, hoe hulle tyd deur ander
                       gebruik en misbruik word net sodat hulle bejammer, erken of geag kan word. Elke
                       geleentheid wat hulle kry, sal hulle gebruik om ander te laat verstaan dat mense maar
                       net nie sonder hulle kan klaarkom nie.

                   ✓  Hulle vertoon uiterste arrogansie deur hulle gesindheid en gedrag. Hulle luister selde
                       na wat ander sê en sal gereeld inbreek maak wanneer ander praat, of bo-oor ander
                       praat. In ‘n verhouding is hulle onvermoënd om hulleself nie te sien as die enigste een
                       in  die  verhouding  nie  en  daarom  die  wederhelf  te  sien  as  net  ‘n  verlenging  van
                       hulleself. Hulle neem besluite namens die ander en lewe ‘n lewe sonder om die ander
                       party te erken of te ken, want hulle is eintlik die spil waarom alles draai.

                   ✓  Hulle is paranoïes dat ander op hulle afgunstig moet wees, want dit wys hoe belangrik
                       hulle is.

                   ✓  Hulle het 'n onnatuurlike gevoel van eie geregtigheid, glo dat die wêreld aan hulle
                       behoort.

                   ✓  Hulle is obsessief met fantasieë van mag, liefde, skoonheid, briljantheid en sukses.
                       Hulle  spandeer  ure  om  altyd  op  hulle  beste  te  lyk.  Die  storie  boek  lewe  is  hulle
                       werklikheid.

                   ✓  Hulle  byt  ander  uit  om  hulle  konstante  behoefte  aan  bewondering  en  aandag  te
                       vervul.

                   ✓  Hulle glo dat hulle spesiaal en uniek is en slegs verstaan kan word deur, of geassosieer
                       moet word met, ander spesiale of hoë status mense of instellings.

               Kognitiewe Dissonansie word as volg in Wikipedia beskryf: Op die gebied van die sielkunde,
               vind  kognitiewe  dissonansie  plaas  wanneer  'n  persoon  teenstrydige  oortuigings,  idees  of
               waardes handhaaf , en tipies sielkundige stres ervaar wanneer hulle deelneem aan 'n aksie
               wat teen een of meer van hierdie oortuigings gaan. Volgens hierdie teorie, wanneer twee
               aksies of idees nie sielkundig in ooreenstemming met mekaar is nie, doen mense alles in hulle
               vermoë om hulle te verander totdat hulle konsekwent raak. Die ongemak word veroorsaak
               deur die persoon se geloof wat bots met nuwe inligting wat waargeneem word, waarin hulle
               probeer  om  'n  manier  te  vind  om  die  teenstrydigheid  op  te  los  om  hulle  ongemak  te
               verminder.




               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    191
   186   187   188   189   190   191   192   193   194   195   196